Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lêer
lêer [boodskap #126386] Di, 04 Junie 2019 19:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lêer
Afbreking: lê•er



Selfstandige naamwoord: lêer
Meervoud: lêers
Verkleinwoord: lêertjie
Meervoud van verkleining: lêertjies

Betekenis:
• Omslag waarin papiere gerangskik en geberg word, sodat dit maklik later nageslaan kan word.
• (rekenaarwetenskap) 'n Versameling inligting wat 'n eenheid vorm en saam geberg word; rekenaarlêer.
• Iemand wat lê (rus) of iets (soos 'n balk) waarop iets ander lê.
• 'n Hen of ander dier wat eiers lê (lêhen).
•'n Ou inhoudsmaat vir wyn, brandewyn, asyn, ens.

Gebruik:
• Bêre asseblief die brief in daai lêer.
• Kopieer die lêer na jou hardeskyf.
• Plaas die bokse op daai lêer asseblief.
• Hierdie hen is 'n uitstekende lêer.
• Een lêer is 16 anker of 582 liter.

Verwant:
• liasseer

Vertaling:
Engels: binder; file
Nederlands: map; bestand; legger; leghen

Nota:
• Moenie "lêer" met "leer" of "leër" verwar word nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spesie
Volgende onderwerp: styl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 20:12:08 MGT 2024