Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leër
leër [boodskap #126384] Di, 04 Junie 2019 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Leër.
'n Leër.
leër
Afbreking: le•ër
Uitspraak: /ˈliːjər/




Selfstandige naamwoord: leër
Meervoud: leërs
Verkleinwoord: leërtjie
Meervoud van verkleining: leërtjies

Betekenis:
• 'n Militêre oorlogsmag van soldate met hul offisiere; krygsmag.
• (figuurlik) 'n Groot menigte.

Gebruik:
• Die leër het tydens die grensoorlog na Angola opgeruk.
• 'n Leër het vir die vertoning opgeruk.

Afgelei:
• leërmag
• leërskare

Vertaling:
Engels: army
Nederlands: leger


Werkwoord: leër
Verlede tyd: het geleër

Betekenis:
• Troepe saamtrek; 'n militêre kamp opslaan.

Gebruik:
• Hierdie troepe was by die grens geleër.

Vertaling:
Engels: to encamp, quarter
Duits: lagern


Byvoeglike naamwoord: leeg
Vergrotende trap: leër
Oortreffende trap: leegste
Attributief: leë
Partitief: leegs
Intensief: dolleeg

Betekenis:
• Vergrotende trap van leeg; baie leeg.

Gebruik:
• Die dam is leër as laas jaar die tyd.

Antoniem:
• voller

Vertaling:
Engels: emptier
Duits: leger

Nota:
• Moenie "leër" met "leer" of "lêer" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoogte
Volgende onderwerp: spesie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 13:09:15 MGT 2024