Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moed
moed [boodskap #126381] Di, 04 Junie 2019 07:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19407
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moed
Afbreking: moed




Selfstandige naamwoord: moed
Meervoud:

Betekenis:
• Dapperheid tydens 'n moeilike of gevaarlike situasie; vir iets kans sien en nie bang wees nie; onverskrokkenheid.
• Die heersende stemming; gemoed.
• Op 'n goeie uitkoms vertrou.

Gebruik:
• Haar moed het in haar skoene gesak toe sy die hoop wasgoed sien.
• Hy begin sy reis in goeie moed.
• Die span is vol moed dat hulle die liga sal wen.

Spreekwoord:
• Sy moed het in sy skoene gesink. [Hy het moed verloor.]
• Hou goeie moed, die slegte kom vanself. ['n Mens moet altyd hoopvol wees.]

Homofoon:
• moet (verplig wees)

Vertaling:
Engels: courage, heart, spirit, hope
Nederlands: moed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: den
Volgende onderwerp: bekendste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:54:46 MGT 2024