Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » status
status [boodskap #126358] So, 02 Junie 2019 07:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
status
Afbreking: sta•tus



Selfstandige naamwoord: status
Meervoud: statusse

Betekenis:
• Aansien ten opsigte van ander mense.
• Die stand van iets of iemand.
• (juridies) Posisie volgens wet; toestand met bepaalde regsgevolge.

Gebruik:
• Tradisionele gemeenskappe gebruik soms beeste as betaalmiddel, wat die eienaar se rykdom en status in die samelewing weerspieël.
• Wat is die status van die ondersoek?
• Die dorp het in 1910 munisipale status verkry.

Hiponiem:
• kultstatus
• kredietstatus

Afgelei:
• statussimbool

Vertaling:
Engels: status, position, situation
Nederlands: status

Notas:
• Die Latynse frase "status quo" beteken stand van sake.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedryf
Volgende onderwerp: Sowjetunie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 13:16:53 MGT 2024