Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » massa
massa [boodskap #126340] Sa, 01 Junie 2019 15:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
massa
Afbreking: mas•sa
Uitspraak: /ˈma.sa/




Selfstandige naamwoord: massa
Meervoud: massas
Verkleinwoord: massatjie
Meervoud van verkleining: massatjies

Betekenis:
• 'n Groot hoop, klomp of hoeveelheid; menigte.
• (wetenskap) Die totale hoeveelheid materie in 'n objek, gemeet in kilogram, simbool m.

Gebruik:
• Die vyand sal met 'n gedreun teen die stad aanstorm soos die golwe van 'n massa water. [Jeremia 51:55]
• 'n Voorwerp se massa bly altyd dieselfde ongeag waar dit is, maar sy gewig sal kleiner wees op die maan omdat die gravitasie daar laer is.

Hiponiem:
• biomassa
• swaartekragmassa
• traagheidsmassa
• watermassa

Afgelei:
• massa-aksie
• massa-aanval
• massabyeenkoms
• massagraf
• massakommunikasie
• massakultuur
• massamark
• massamedia
• massamigrasie
• massamoord
• massaproduksie
• massasaamtrek
• massaverskynsel

Verwant:
• gewig

Vertaling:
Engels: crowd, mass, lot, lump; mass
Nederlands: massa

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versprei
Volgende onderwerp: museum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 13:18:38 MGT 2024