Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boom
boom [boodskap #126291] Do, 30 Mei 2019 15:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18931
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boom.
'n Boom.
boom
Afbreking: boom
Uitspraak: /buə̯m/




Selfstandige naamwoord: boom
Meervoud: bome
Verkleinwoord: boompie
Meervoud van verkleining: boompies

Betekenis:
• (plantkunde) Meerjarige plant met 'n dikkerige stam, takke en blare.
• Onderste deel van 'n houer soos 'n vat of emmer.
• Versperring oor 'n pad om verkeer te stop.

Gebruik:
• Daar is 'n groot boom in ons tuin waarin ons 'n boomhuis kan bou.
• Die vaatjie se boom het uitgeval.
• Om toegang tot die landgoed te verkry moet jy by die boom stop en jou bestuurslisensie wys.

Spreekwoord:
• Tussen die boom en die bas. [Nie goed nie en ook nie sleg nie.]
• Die appel val nie ver van die boom nie. [Die kind is soos die pa of ma.]
• Aan die vrug word die boom geken. [Iemand se karakter spreek uit sy dade.]
• Die kat uit die boom kyk. ['n Afwagtende houding aanneem; versigtig wees.]
• Dit gaan so tussen die boom en die bas. [Dit gaan so-so.]
• Hy sien die bottel se boom. [Hy is dronk.]
• Die byl lê al teen die wortel van die boom. [Iemand se straf is naby.]
• 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee. [Ouers het altyd 'n invloed op hul kinders.]
• 'n Dik boom met 'n klein byltjie kap. [Met onvoldoende toerusting 'n groot taak aanpak.]
• Soos die boom val, bly hy lê. [Gedane sake het geen keer nie.]
• 'n Ou boom word nie maklik verplant nie. [Ouer mense verander nie maklik van woonplek of gewoontes nie.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]

Hiponiem:
• appelboom
• doringboom
• koelteboom
• palmboom
• sierboom
• vrugteboom
• vyeboom

Meroniem:
• boombas
• boomblaar
• boomstam
• boomtak

Afgelei:
• boomhuis
• boompadda
• boomstomp

Vertaling:
Engels: tree, barrier, bottom
Nederlands: boom
Sotho: sehlare, sefate
Tswana: setlhare
Venda: muri
Xhosa: umthi
Zoeloe: umuthi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spesifieke
Volgende onderwerp: bedien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 13:09:38 MGT 2024