Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trou
trou [boodskap #126213] Ma, 27 Mei 2019 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die troue, deur Gari Melchers.
Die troue, deur Gari Melchers.
trou
Afbreking: trou




Werkwoord: trou
Verlede tyd: het getrou
Teenwoordige deelwoord: trouende

Betekenis:
• In die huwelik bevestig; in die eg verbind word.

Gebruik:
• Ek trou op 1 Julie.

Spreekwoord:
Trou is nie perdekoop nie. [Trou is ’n ernstige saak.]
• Jakkals trou met wolf se vrou. [Dit reën terwyl die son skyn.]
• Haastig trou bring gou berou. [Leer jou maat goed ken voordat jy trou.]
• Met die linkerhand trou. [Huwelik van 'n man uit die adelstand met 'n vrou uit 'n laer stand.]
• Sy trou met die handskoen. [By die afwesigheid van die bruidegom die huwelikseremonie met sy gevolmagtigde deurgaan.]

Afgelei:
• troubelofte
• trourok
• trouseremonie

Vertaling:
Engels: to marry, wed
Nederlands: trouwen
Xhosa: enda


Byvoeglike naamwoord: trou
Vergrotende trap: trouer
Oortreffende trap: trouste
Attributief: troue

Betekenis:
• Lojaal; op wie mens weer opnuut 'n beroep kan doen.

Gebruik:
• Sy is 'n troue werknemer vir haar baas.

Spreekwoord:
• Hou en trou sweer. ['n Eed neem om getrou te wees.]

Afgelei:
• troubreuk
• trouhartig

Vertaling:
Engels: faithful, loyal, true
Nederlands: trouw


Selfstandige naamwoord: trou
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Verbintenis eerbiedig; getrouheid; eerlikheid; standvastigheid.

Gebruik:
• Jy kan op jou vriende se lojaliteit en trou reken.

Vertaling:
Engels: trust, faith
Nederlands: trouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dorpie
Volgende onderwerp: bevorder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 20:10:15 MGT 2024