Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER
"Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER [boodskap #12593] Wo, 11 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE KLIPPE PRAAT
P.J.Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!
Re: "Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER [boodskap #12619 is 'n antwoord op boodskap #12593] Vr, 13 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Julia  is tans af-lyn  Julia
Boodskappe: 5
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dis mooi Gloudina.

Het jy enige Antjie Krog of DJO?

J

@igs.net wrote in article ...
>
>
> DIE KLIPPE PRAAT
> P.J.Philander
>
Vorige onderwerp: Die realiteite van hongersnood
Volgende onderwerp: Amerika se moer........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:59:16 MGT 2024