Leksikograaf Boodskappe: 18937 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skep
Afbreking: skep
Werkwoord: skep
Verlede tyd: het geskep
Betekenis:
• Op- of uitlig; met 'n hol voorwerp optel.
• Iets inkry of inneem.
Gebruik:
• Hy skep die sop met die lepel in sy bord.
• Sy skep asem. Hy skep weer moed. Die wind skep die seile.
Spreekwoord:
• Hy skep lug. [Die vars buitelug geniet.]
• Die vaal streep skep. [In die pad val.]
• As dit pap reën, moet jy skep. [Elke geleentheid moet gebruik word.]
• As die stroom loop, moet jy skep. [Neem jou kanse waar terwyl hulle daar is.]
• Baantjies vir boeties skep. [Poste vir familie en vriende gee.]
Vertaling:
Engels: to scoop, shovel
Nederlands: lepelen
Werkwoord: skep
Verlede tyd: het geskep, het geskape
Betekenis:
• Iets uit niks maak; laat ontstaan; tot stand bring.
Gebruik:
• God skep die aarde in ses dae, en het op die sewende dag gerus.
• Skep vir ons 'n artikel hieroor.
• Die skool skep die geleentheid vir kinders om verder te ontwikkel.
Afgelei:
• herskep
• omskep
Verwant:
• skepper
• skepping
• skepsel
Vertaling:
Engels: to create, make
Nederlands: creëren