Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veel
veel [boodskap #126162] Sa, 25 Mei 2019 07:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veel
Afbreking: veel



Byvoeglike naamwoord: veel
Vergrotende trap: meer
Oortreffende trap: meeste
Attributief: vele

Betekenis:
• Groot in aantal of hoeveelheid.

Gebruik:
• Daar is nie veel kos in die yskas oor nie.
• Met te veel UV-straling kan die vel rooi kleur, brand, of selfs velkanker opdoen.

Spreekwoord:
• Dit het nie veel om die lyf nie. [Dis nie veel werd nie.]
• Hulle maak te veel werk van hom. ['n Groot ophef maak van hom.]
• Hy het te veel bessies geëet. [Hy is dronk.]
• Hy neem te veel hooi op sy vurk. [Hy onderneem te veel.]
• Te min om van ryk te word, te veel om van dood te gaan. [Nie baie nie, net so dat 'n mens kan leef.]
• Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan. ['n Baie skraal inkomste hê.]
• Te veel op jou horings neem. [Te veel onderneem.]
• Te veel ysters in die vuur hê. [Met te veel sake tegelyk besig wees.]
• Van hoor en sê, lieg mens veel. [Deur oorvertel word baie onwaarhede verkondig.]
Veel geskreeu en weinig wol. ['n Ophef oor 'n kleinigheid maak.]

Sinoniem:
• baie

Antoniem:
• min
• weinig

Vertaling:
Engels: many, much
Nederlands: veel


Bywoord: veel

Betekenis:
• Baie; dikwels.

Gebruik:
• Daar is nie veel hoop op reën nie.

Vertaling:
Engels: many, much
Nederlands: veel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Christelike
Volgende onderwerp: verdere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:01:26 MGT 2024