Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » steek
steek [boodskap #126033] Ma, 20 Mei 2019 15:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
steek
Afbreking: steek




Werkwoord: steek
Verlede tyd: het gesteek

Betekenis:
• 'n Skerp voorwerp in iets in iemand druk; prik of deurboor.
• Aan die brand maak; in vlamme laat opgaan.
• Pyn veroorsaak.

Gebruik:
• Hy steek die mes diep in die vleis.
• Die invallers steek die hele dorp aan die brand.
• Gaan sit in die koelte, die son gaan jou steek.

Spreekwoord:
• Blad steek. [Handgee om te groet.]
• Die draak steek. [Die gek skeer.]
• Iemand in die rug steek. [Iemand in die geheim benadeel.]
• Daar steek baie in hom. [Hy het goeie hoedanighede.]
• Daar steek geen kwaad in nie. [Daar is niks verkeerd in nie.]
• Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. [Genot het dikwels 'n slegte nadraai.]
• Die hand uit die mou steek. [Jou inspan.]
• Dit steek my dwars in die krop. [Dit wek teësin; hinder my.]
• Een vrot appel steek al die ander aan. [Van 'n slegte persoon gaan daar skadelike invloed uit.]
• Sy steek baken. [Van 'n perd afval.]
• Hy steek die Rubikon oor. ['n Onherroeplike stap neem.]
• Sy steek lig op by haar. [Gaan soek raad.]
• Hy steek my in die skande. [Iemand deur sy optrede in die verleentheid bring.]
• Sy steek 'n stok in 'n bynes. [Kwaai gevoelens opwek.]
• Hy steek sy hand diep in sy sak. [Hy gee of betaal baie vir iets.]
• Sy steek vas in sy vier spore. [Gaan staan doodstil.]
• Iemand 'n stok in die wiel steek. [Iemand teenwerk.]
• Iets onder stoele en banke steek. [Iets geheim hou.]
• Jou kop in die strik steek. [Jou in moeilikheid begewe; gaan trou.]
• Jou kop in 'n bynes steek. [Jou met 'n saak bemoei wat groot moeilikheid kan veroorsaak.]
• Jou neus in die wind steek. [Hoogmoedig wees.]
• Jou voet onder andermanstafel steek. [Afhanklik wees van iemand.]
• 'n Speek in die wiel steek. [Belet dat iets gebeur.]
Steek jou hand in eie boesem. [Jou gewete ondersoek en skuld erken.]
• Sy is bang om haar hande in koue water te steek. [Hande-arbeid vermy.]
• Weet hoe die vurk in die hef steek. [Presies weet hoe sake staan.]

Vertaling:
Engels: to stab, stick, sting, put into
Nederlands: steken


Selfstandige naamwoord: steek
Meervoud: steke
Verkleinwoord: stekie
Meervoud van verkleining: stekies

Betekenis:
• Die handeling wanneer mens 'n skerp voorwerp in iets druk of die merk wat dit laat.
• 'n Skielike pyn wat ens voel.
• Die beweging van 'n naald en hare.

Gebruik:
• Die dief is geskiet nadat jy 'n steek na die polisieman gegee het.
• Hy het 'n steek in sy bors gekry.
• Die wond is met 10 steke toegewerk.

Spreekwoord:
• 'n Steek op tyd spaar nege uit. [Wat vroegtydig gedoen word, voorkom baie moeite later.]
• Nie 'n steek doen nie. [Geen werk verrig nie.]
• Hy laat my in die steek. [Iemand op 'n kritieke oomblik aan sy lot oorlaat.]
• Daar is 'n steek los. [Daar is iets nie pluis nie.]

Vertaling:
Engels: stitch, prick, stab, sting, taunt
Nederlands: steek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: openbare
Volgende onderwerp: groepe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:01:03 MGT 2024