Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskil
verskil [boodskap #125973] Sa, 18 Mei 2019 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskil
Afbreking: ver•skil




Selfstandige naamwoord: verskil
Meervoud: verskille
Verkleinwoord: verskilletjie
Meervoud van verkleining: verskilletjies

Betekenis:
• Hoe dinge van mekaar onderskei word; 'n aspek wat by vergelyking anders is; onderskeid.
• (wiskunde) Resultaat van wiskundige aftrekking.

Gebruik:
• Die enigste verskil is dat die een blou geverf is.
• Die verskil tussen drie en twee is een.

Vertaling:
Engels: difference
Nederlands: verschil


Werkwoord: verskil
Verlede tyd: het verskil

Betekenis:
• Anders wees; afwyk.

Gebruik:
• Die bladsye verskil net op twee plekke.

Spreekwoord:
• Hulle verskil soos dag en nag. [Hulle is baie verskillend.]

Vertaling:
Engels: to differ, vary
Nederlands: verschillen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rivier
Volgende onderwerp: Londen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 11:57:58 MGT 2024