Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » span
span [boodskap #125969] Sa, 18 Mei 2019 16:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
span
Afbreking: span




Selfstandige naamwoord: span
Meervoud: spanne
Verkleinwoord: spannetjie
Meervoud van verkleining: spannetjies

Betekenis:
• Groep mense of diere wat saam aan iets werk of deelneem.

Gebruik:
• Met rugby is daar 15 spelers in 'n span.
• Watter span het die kompetisie gewen?

Spreekwoord:
• So 'n allegaartjie is nog nie 'n span nie. [Dinge wat saamgegooi is werk nie noodwendig goed nie.]

Hiponiem:
• atletiekspan
• hokkiespan
• krieketspan
• netbalspan
• ondersoekspan
• rugbyspan
• sokkerspan
• sportspan
• swemspan

Afgelei:
• A-span
• o. 19A-­span

Vertaling:
Engels: team, gang, set
Nederlands: team, ploeg


Werkwoord: span
Verlede tyd: het gespan

Betekenis:
• Om iets oop, oor of styf te trek.

Gebruik:
• Die baadjie span oor sy boeppens.
• Hy span 'n net oor die swembad.

Spreekwoord:
• Die kar voor die perde span. [Agterstevoor te werk gaan; 'n Saak verkeerd benader.]
• Die wa voor die osse span. [Agterstevoor te werk gaan.]
• Die snare te styf span. [Van jouself of ander te veel eis.]
• Dit span die kroon. [Ander oortref; die toppunt bereik.]
• In sy gewete kan 'n wa en span osse draai. ['n Buitengewone rekbare gewete hê.]
• Jy moet jou dolosse agtermekaar span. [Jy moet jou planne goed uitdink.]

Vertaling:
Engels: to stretch, span, bend, strung
Nederlands: aanspannen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: minister
Volgende onderwerp: verloor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:54:32 MGT 2024