Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geval
geval [boodskap #125943] Sa, 18 Mei 2019 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geval
Afbreking: ge•val




Werkwoord: val
Verlede tyd: het geval
Teenwoordige deelwoord: vallende

Betekenis:
• Voltooide deelwoord van val: vinnige daling; pla terwyl gepraat; sekere tyd gebeur het.
• Aanstaan; behaag.

Gebruik:
• Die ruiter het van sy perd geval.
• Hy het my in die rede geval.
• Op watter dag het Werkersdag vanjaar geval.
• Dit geval my glad nie.

Spreekwoord:
• Sy is nie op haar bek geval nie. [Baie goed en pittig praat; het altyd 'n antwoord.]
• Hy het in die botter geval. [Groot geluk het hom getref.]
• Dit het in my skoot geval. [Sonder inspanning verkry.]
• Dit het in vreemde hande geval. [Dit het die eiendom van vreemdelinge geword.]
• Hoog gevlieg en laag geval. [Iemand het te weelderig gelewe en toe bankrot gespeel.]
• Die koek het in die as geval. [Die saak het misluk.]

Vertaling:
Engels: fell; please, suit
Nederlands: gevallen, bevallen


Selfstandige naamwoord: geval
Meervoud: gevalle
Verkleinwoord: gevalletjie
Meervoud van verkleining: gevalletjies

Betekenis:
• Voorval; gebeurtenis; iets wat gebeur of gebeur het; 'n saak wat afgehandel moet word.

Gebruik:
• Ons kon iets aan die vorige geval doen, in die hierdie geval het ons regtig 'n probleem.

Vertaling:
Engels: case; event, instance, matter
Nederlands: geval

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkry
Volgende onderwerp: destyds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:15:13 MGT 2024