Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pad
pad [boodskap #125930] Sa, 18 Mei 2019 06:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grondpad.
'n Grondpad.
pad
Afbreking: pad
Uitspraak: /pɑt/




Selfstandige naamwoord: pad
Meervoud: paaie
Verkleinwoord: paadjie
Meervoud van verkleining: paadjies

Betekenis:
• 'n Harde, lang stuk grond waarop mens kan loop of ry; smal strook land wat verkeer dra.
• 'n Roete waarop mens van een plek na 'n ander kan gaan.
• (figuurlik) Weg of trajek in die algemene sin; die manier waarop iets bereik of verwesenlik word.

Gebruik:
• Rooikappie kom die wolf op die pad in die bos tee.
• Wat is die kortste pad na Johannesburg?
• Die pad na volmaaktheid.

Spreekwoord:
• Hy moet maar uit my pad bly. [Iemand vermy.]
• Sy het uit haar pad gegaan. [Baie moeite gedoen.]
• Hy rol 'n klip uit die pad vir my. [Doen 'n guns vir iemand.]
• Rose op iemand se pad strooi. [Iemand se lewe veraangenaam.]
• Loop voor die pad vol duwweltjies word. [Loop baie gou.]
• Niemand 'n strooitjie in die pad lê nie. [Niemand kwaad doen of hinder nie.]

Sinoniem:
• straat
• weg

Hiponiem:
• dubbelpad
• grondpad
• gruispad
• hoofpad
• kronkelpad
• maanhaarpad
• plaaspad
• stofpad
• teerpad
• voetpad

Afgelei:
• padbou
• padgee
• padlangs
• padkaart
• padskraper

Vertaling:
Engels: road, path, way, street
Nederlands: weg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: behoort
Volgende onderwerp: gemeentes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:12:33 MGT 2024