Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beroep
beroep [boodskap #125924] Vr, 17 Mei 2019 20:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beroep
Afbreking: be•roep




Selfstandige naamwoord: beroep
Meervoud: beroepe
Verkleinwoord: beroepie
Meervoud van verkleining: beroepies

Betekenis:
• 'n Mense se werk; waarmee jy jou brood en botter verdien.
• 'n Ernstige versoek rig; appelleer.
• 'n Uitnodiging om 'n predikant te word.

Gebruik:
• 'n Vlieënier is 'n persoon wat vliegtuie vir 'n beroep of as 'n stokperdjie vlieg.
• Hy het 'n beroep op strenger regulasies gedoen.
• Die dominee het 'n beroep na Moreletapark aanvaar.

Sinoniem:
• ambag
• betrekking
• professie
• werk
• appel

Vertaling:
Engels: occupation, profession, vocation; appeal
Nederlands: beroep


Werkwoord: beroep
Verlede tyd: het beroep

Betekenis:
• Hulp of steun inroep; jou gedrag/mening regverdig; appelleer.
• 'n Predikant beroep.

Gebruik:
• Hy het hom op artikel 12 van die wet beroep.
• Die dominee is na Cornelia beroep.

Vertaling:
Engels: to appeal, call, appoint
Nederlands: beroepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groei
Volgende onderwerp: vroue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:40:03 MGT 2024