Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waarskynlik
waarskynlik [boodskap #125915] Vr, 17 Mei 2019 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18928
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waarskynlik
Afbreking: waar•skyn•lik




Byvoeglike naamwoord: waarskynlik
Vergrotende trap: waarskynliker (meer waarskynlike)
Oortreffende trap: waarskynlikste (mees waarskynlike)
Attributief: waarskynlike
Partitief: waarskynliks

Betekenis:
• Wat verwag word; wat vermoedelik waar sal word; 'n goeie kans het om te gebeur.

Gebruik:
• Dit is die waarskynlike oorsaak van sy oormatige alkoholmisbruik.

Sinoniem:
• vermoedelik
• geloofwaardig

Antoniem:
• onwaarskynlik

Afgelei:
• waarskynlikheid

Vertaling:
Engels: probable, likely
Nederlands: waarschijnlijk


Bywoord: waarskynlik

Betekenis:
• Soos verwag; wat vermoedelik waar sal word; 'n goeie kans het.

Gebruik:
• Die olieprys sal waarskynlik nog slegter raak voor dit beter gaan word.

Sinoniem:
• seker

Vertaling:
Engels: probably
Nederlands: waarschijnlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: invloed
Volgende onderwerp: Nederlandse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:24:34 MGT 2024