Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaap
kaap [boodskap #125893] Vr, 17 Mei 2019 05:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaap
Afbreking: kaap
Uitspraak: /kɑːp/




Selfstandige naamwoord: kaap
Meervoud: kape
Verkleinwoord: kapie
Meervoud van verkleining: kapies

Betekenis:
• Die ekstreme deel van 'n landmassa (landtong) wat in die see in uitsteek.

Gebruik:
Kaap Vidal is Suid-Afrika se mees noordelike kaap aan die ooskus van die land.
• Vir die ou seevaarders was 'n natuurlike kaap gewoonlik 'n baken en 'n teken dat 'n baai of natuurlike hawe in sig was.

Afgelei:
• Kaapstad
• Noord-Kaap

Vertaling:
Engels: cape, headland, point
Nederlands: kaap


Werkwoord: kaap
Verlede tyd: het gekaap

Betekenis:
• Steel; buit, roof, onderskep (meestal van 'n voertuig, soos 'n motorkar, vliegtuig of skip).

Gebruik:
• 'n Terroris het die vliegtuig probeer kaap.

Verwant:
• kaping

Vertaling:
Engels: to hijack, commandeer
Nederlands: kapen, hijacken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pa
Volgende onderwerp: suidelike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 05:19:35 MGT 2024