Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sien
sien [boodskap #125854] Wo, 15 Mei 2019 20:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die oog van 'n tier.
Die oog van 'n tier.
sien
Afbreking: sien
Uitspraak: /sin/




Werkwoord: sien
Verlede tyd: het gesien
Teenwoordige deelwoord: siende, sienende

Betekenis:
• Om iets in die oog te kry; met die oog kyk en waarneem; gesigsvermoë hê.
• Om te begryp; verstaan; insien.
• Om nie te weet nie; nog 'n besluit moet neem.
• Om bymekaar te kom (byvoorbeeld om te kuier).

Gebruik:
• Ek sien 'n kameelperd doer agter die bome.
• Dit is so koud, ek kan nie sien hoe ons gaan braai nie.
• Ons sal maar sien of ons more kerk toe gaan.
• Ons sien julle dan weer Sondag.

Spreekwoord:
• Sien kom klaar. [Op die een of ander manier sonder iets klaarkom.]
• Hoor en sien vergaan. [Daar is 'n groot lawaai.]
• Iets oor die hoof sien. [Geen ag slaan op iets nie.]
• Iemand onder vier oë sien. [Iemand alleen sien om hom te berispe.]
• Die laaste sien van die blikkantien. [Dit het spoorloos verdwyn.]
• Eers kindjie sien, dan vader staan. ['n Saak eers steun wanneer jy meer daarvan weet.]
• Ek sien hom liewer gaan as kom. [Ek hou nie van hom nie.]
• Hy sien die bottel se boom. [Hy is dronk.]
• Hy sien die splinter in my oog, maar vergeet die balk in sy eie. [Klein tekortkomings in ander opmerk, maar jou eie groter gebreke vergeet.]
• Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]
• Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie. ['n Mens bekommer jou nie oor iets waarvan jy nie weet nie.]

Vertaling:
Engels: to see, notice, perceive, distinguish
Nederlands: zien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omgewing
Volgende onderwerp: besoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 19:25:07 MGT 2024