Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bou
bou [boodskap #125805] Ma, 13 Mei 2019 20:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bou
Afbreking: bou




Werkwoord: bou
Verlede tyd: het gebou
Teenwoordige deelwoord: bouende

Betekenis:
• 'n Konstruksie opgerig deur die samevoeging van onderdele.
• Om aanhoudend en oor 'n lang tyd aan iets te werk.

Gebruik:
• Die seuns bou 'n boomhuis.
• Ons sal vir onsself 'n toekoms hier bou.

Spreekwoord:
• 'n Huis op sand bou. ['n Onderneming op swak grondslag aanpak.]
• Hy bou lugkastele. [Mooi planne maak wat nie uitgevoer kan word nie.]
Bou 'n galg vir ander, dan hang jy self daar aan. [As jy 'n ander in die moeilikheid wil bring, oorval die ongeluk jou dikwels self.]

Antoniem:
• breek

Verwant:
• boublok
• bouer
• boukundig
• bouperseel
• boustyl
• gebou

Vertaling:
Engels: to build, construct; to work
Nederlands: bouwen


Selfstandige naamwoord: bou
Meervoud:

Betekenis:
• Die manier waarop iets aanmekaargesit is.

Gebruik:
• Die model het 'n slanke bou.

Vertaling:
Engels: build
Nederlands: bouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alhoewel
Volgende onderwerp: terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:38:25 MGT 2024