Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ses
ses [boodskap #125784] Ma, 13 Mei 2019 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ses
Afbreking: ses




Telwoord: ses

Betekenis:
• Die getal 6. Een meer as vyf en een minder as sewe.

Gebruik:
• Ek speel ses keer per week rugby.

Spreekwoord:
Ses van die een en halfdosyn van die ander. [Dieselfde ding.]

Verwant:
• sesde

Vertaling:
Engels: six
Frans: six
Nederlands: zes
Sotho: tshela
Zoeloe: isithupha


Selfstandige naamwoord: ses
Meervoud: sesse
Verkleinwoord: sessie
Meervoud van verkleining: sessies

Betekenis:
• Die getal 6.
• Punte in 'n sport soos krieket (vir 'n grenshou waar die bal in die lug oor die grens trek).

Gebruik:
• Die ses is besig om my van my kop af te dryf.
• Die krieketspeler het 'n ses en twee viere geslaan.

Spreekwoord:
• Iemand vir 'n ses slaan. [Iemand stomslaan.]

Afgelei:
• seshoek
• seskantig
• sesmaandeliks
• sestal
• sesuur

Vertaling:
Engels: six
Nederlands: zes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekonomiese
Volgende onderwerp: grond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:58:29 MGT 2024