Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » huis
huis [boodskap #125760] So, 12 Mei 2019 17:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Huis.
'n Huis.
huis
Afbreking: huis
Uitspraak: /ɦœʏ̯s/




Selfstandige naamwoord: huis
Meervoud: huise
Verkleinwoord: huisie
Meervoud van verkleining: huisies

Betekenis:
• Gebou om in te woon; plek waar mense bly.
• Familiekring, huisgesin.
• Vorstelike geslag.
• Omhulsel, koker.

Gebruik:
• Die huis het 3 slaapkamers, 'n badkamer, sitkamer en 'n waskamer.
• As hy in die koshuis woon, verlang hy huis toe.
• Die huis van Oranje is die Nederlandse koningshuis.
• Gee my bril se huisie aan.

Spreekwoord:
• Elke huis het sy kruis. [Elkeen het sy moeilikheid of leed.]
• Die huis is in ligte laaie. [Aan die brand.]
• Die huis op horings neem. ['n Groot lawaai maak.]
• 'n Huis op sand bou. ['n Onderneming op swak grondslag aanpak.]
• 'n Ope huis hou. [Gasvry wees.]
• Al is 'n huis ook hoe arm, hy dek warm. [Al is 'n mens se tuiste armoedig, voel hy daar tog die gelukkigste.]
• Met 'n blik aan sy stert huis toe kom. [Verleë terugkeer.]
• Hy is met die kous oor die kop huis toe. [Teleurgesteld terugkom.]
• In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste. ['n Mens is op jou gemak in jou eie huis.]
• Met bed en beddegoed by die huis uitjaag. [Met alles wat hy besit.]
• Met die deur in die huis val. [Sonder voorbereiding iets belangriks sê of doen.]
• Met hom is geen huis te hou nie. ['n Mens kan niks met hom aanvang nie.]

Sinoniem:
• blyplek
• woning

Hiponiem:
• boomhuis
• gewelhuis
• grashuis
• houthuis
• plaashuis
• rietdakhuis
• spookhuis
• vakansiehuis
• woonhuis

Afgelei:
• huisdier
• huisgesin
• huishouding
• huistaal

Vertaling:
Engels: house, dwelling, home, household, family
Nederlands: huis, koker


Werkwoord: huis
Verlede tyd: het gehuis

Betekenis:
• (weinig gebruik) Aanwesig wees, jou verblyf hê, woon.

Gebruik:
• Daar in die donker bosse, waar ongediertes huis.

Vertaling:
Engels: to house
Nederlands: huis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verander
Volgende onderwerp: Engelse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:53:06 MGT 2024