Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volg
volg [boodskap #125740] Sa, 11 Mei 2019 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volg
Afbreking: volg
Uitspraak: /foɫχ/




Werkwoord: volg
Verlede tyd: het gevolg
Teenwoordige deelwoord: volgende

Betekenis:
• Agter iets of iemand aan loop of ry; naloop; agternaloop.
• Iets (soos 'n tydperk) wat later kom; daarna.
• Iets verstaan; begryp, snap.
• Handel na; naboots
• Voortvloei uit.
• Bywoon; deurloop.

Gebruik:
• Jy kan voor ry, ek sal volg.
• 'n Tyd van oorlog volg 'n tyd van vrede.
• Verduidelik asb weer. Ek volg nie.
• Ek sal jou voorbeeld volg.
• Dit volg op sy oneerlike dade.
• Ek volg 'n spesiale dieet.

Spreekwoord:
• In iemand se voetstappe volg. [Iemand se voorbeeld volg.]
• Hy volg hom soos sy skaduwee. [Onafskeidbaar van hom wees.]
• Eet wat jy lus en ly wat daarop volg. ['n Waarskuwing aan iemand wat nie baie of ryk mag eet nie.]
• As een skaap deur die hek is, volg al die ander. [As een die voorbeeld gee of voorgaan, volg almal.]

Vertaling:
Engels: to follow, pursue
Nederlands: volgen

Nota:
• Oorganklike werkwoord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: der
Volgende onderwerp: aangesien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 21:26:53 MGT 2024