Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoe
hoe [boodskap #125730] Sa, 11 Mei 2019 10:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoe
Afbreking: hoe




Bywoord: hoe

Betekenis:
• Op watter manier/wyse?
• In watter toestand?
• In watter mate?
• Druk verbasing uit.

Gebruik:
Hoe bou 'n mens 'n draadkar?
Hoe erg is die motor gestamp?
Hoe ver het sy geloop?
Hoe op aarde het jy dit reggekry?

Spreekwoord:
• Hoe later, hoe kwater. [Hoe langer dit duur, hoe erger word dit.]
• Hoe ryker, hoe gieriger. [Hoe meer 'n mens besit, hoe meer wil jy hê.]
• Hoe geleerder, hoe verkeerder. ['n Geleerde persoon kan hom dikwels dwaas gedra.]
• Hoe groter gees, hoe groter bees. ['n Mens met buitengewone talente, is dikwels ongemanierd.]
• Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. [Wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste.]
• Hoe kleiner brak, hoe groter die geraas. [Iemand wat min kan doen, praat gewoonlik die meeste.]
• Hoe meer dae, hoe meer dinge. [Elke dag lewer nuwe vraagstukke.]
• Hoe meer haas, hoe minder spoed. [As 'n mens oorhaastig te werk gaan, vorder jy nie altyd goed nie.]
• Hoe meer siele, hoe meer vreugde. [Hoe meer mense bymekaar, hoe meer pret.]
• Hoe ouer die bok, hoe harder die horing. [Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.]
• Weet hoe die vurk in die hef steek. [Presies weet hoe sake staan.]

Afgelei:
• hoekom
• hoeveel

Vertaling:
Engels: how, what
Nederlands: hoe

Nota:
• Moenie "hoe" met "hoë" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Frankryk
Volgende onderwerp: enige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 10:27:02 MGT 2024