Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bagdad
Bagdad [boodskap #125708] Sa, 11 Mei 2019 06:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Republikeinse Paleis in Bagdad.
Die Republikeinse Paleis in Bagdad.
Bagdad is die hoofstad en grootste stad van van Irak; vervaardig sy- en leergoedere; voer olie, velle, tapyte en wol uit. Van 750 n.C. tot sy verowering deur die Mongole (1258) was Bagdad die hoofstad van die kaliefe, heersers oor die oostelike Mohammedane. Die moderne, oostelike deel van die stad bevat die goewerneurspaleis, Europese konsulate en belangrikste basaars; die westelike deel het kleigeboue en lae baksteenmure. Die hele stad, wat op albei walle van die Tigris gebou is, met ’n pontonbrug, is omring met bosse en palmbome. Naby Bagdad staan die bouvalle van Babilon.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baffin, William
Volgende onderwerp: Bahama-eilande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 05:57:11 MGT 2024