Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Badplekke (Baaie)
Badplekke [boodskap #125677] Do, 09 Mei 2019 06:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Romeinse badhuis by Bath in Engeland.
Die Romeinse badhuis by Bath in Engeland.
Badplekke (baaie) was reeds gewild onder die Grieke in die 5de eeu v.C., en in die 3de eeu v.C. het byna elke Romeinse stad sy openbare badhuise gehad. Bouvalle van pragtige Romeinse badhuise is vandag nog in Italië te sien.

Natuurlike warm bronne word veral besoek deur mense wat aan rumatiek en verwante siektes ly. Suid-Afrika het baie sulke bronne. Van die bekendste is dié by Aliwal-Noord, Warmbad (Transvaal), Goudini, Pivaan, Caledon en Montagu. Beroemde binnelandse badplase in Europa is Aix-les-Bains, Vichy en Plombières in Frankryk; St. Moritz en Baden in Switserland; Baden-Baden in Duitsland; Montecatini en Abano in Italië.

’n Turkse bad is ’n bad van warm lug of stoom wat gebruik word om die huid skoon te maak en ’n mens gewig te laat verloor deur sweet te bevorder; dit word ook as behandeling teen allerlei kwale gebruik.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Axminster
Volgende onderwerp: Baäl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:55:58 MGT 2024