Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laaste
laaste [boodskap #125653] Wo, 08 Mei 2019 10:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18914
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laaste
Afbreking: laas•te




Byvoeglike naamwoord: laat
Vergrotende trap: later
Oortreffende trap: laaste
Partitief: laastes

Betekenis:
• Heel agteraan; ná al die ander.

Gebruik:
• Dit is die laatste keer wat ek dit vir jou verduidelik!

Spreekwoord:
• Jou laaste asem uitblaas. [Sterf.]
• In die laaste loopgraaf staan. [Veg vir 'n saak wat verlore lyk.]
• Op die laaste nippertjie. [Op die laaste oomblik; amper te laat.]
• Die laaste sien van die blikkantien. [Dit het spoorloos verdwyn.]
• Die laaste, maar nie die minste nie. [Wel die laaste, maar net so belangrik.]
• Dis die laaste strooi wat die kameel se rug breek. [Die ding wat die krisis laat ontstaan.]
• Wie eerste is, sal laaste wees. [Grootdoenerige mense sal later 'n minderwaardige plek inneem.]
• Wie laaste lag, lag die lekkerste. [Die wat laaste aan die beurt kom, het dikwels die meeste voordeel.]

Vertaling:
Engels: last
Nederlands: laatst


Onbepaalde rangtelwoord: laaste

Betekenis:
• Heel agter; ná al die ander.

Gebruik:
• Jy is die laaste.

Antoniem:
• eerste

Afgelei:
• allerlaaste
• voorlaaste

Vertaling:
Engels: last, final
Nederlands: laatst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gehou
Volgende onderwerp: gewone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 14:24:35 MGT 2024