Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koning
koning [boodskap #125630] Ma, 06 Mei 2019 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koning
Afbreking: ko•ning
Uitspraak: /ˈkuə̯nəŋ/




Selfstandige naamwoord: koning
Meervoud: konings
Verkleinwoord: koninkie
Meervoud van verkleining: koninkies

Betekenis:
• (regering) Die regerende heerser oor 'n monargie of koninkryk.
• (skaak) Vernaamste stuk in die skaakspel, waarvan die verlies die spel verloor.
• Iets of iemand wat die beste is; hoof, opperste gebieder, baas.
• Tweede hoogste of hoogste kaart in 'n pak speelkaarte, afhangend van die spel.

Gebruik:
• Willem-Alexander is die koning van die Nederlande.
• Die koning kan in samewerking met die toring 'n spesiale skuif, genaamd 'n rokering of rokade, maak.
• Die leeu is die koning van die diere. Elke mens is die koning van sy eie huis.
• Wie het die koning van harte?

Spreekwoord:
• Hy lewe soos 'n koning. [Hy leef in weelde.]
• Hy kraai koning. [Baas wees.]
• Sy haan moet altyd koning kraai. [Hy moet altyd sy sin kry.]
• Elke haan is koning op sy eie mishoop. [Elkeen voel hom baas op sy eie gebied.]
• In die land van die blindes is eenoog koning. [Onder dommes is 'n halfgeleerde 'n wyse man.]

Antoniem:
• koningin (vroulik)
• onderdaan

Vertaling:
Engels: king
Nederlands: koning

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: selfs
Volgende onderwerp: Junie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:50:03 MGT 2024