Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » taal
taal [boodskap #125597] So, 05 Mei 2019 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
taal
Afbreking: taal
Uitspraak: /tɑːɫ/




Selfstandige naamwoord: taal
Meervoud: tale
Verkleinwoord: taaltjie
Meervoud van verkleining: taaltjies

Betekenis:
• 'n Stelsel van spraakklanke waardeur mense met mekaar kommunikeer, asook die skriftelike vaslegging daarvan.
• Taalgebruik; hoe mense praat en skryf.
• 'n Geheel van betekeniseenhede (tekens, geluide ens.) of kommunikasiesisteem in die algemeen.

Gebruik:
• Meneer, watter taal praat mens in die land?
• Moenie jou taal so meng nie.
• In watter taal programmeer jy?

Spreekwoord:
• Hy peper sy taal. [Gekruide taal gebruik.]
• Nie taal of tyding ontvang nie. [Geen nuus nie.]

Hiponiem:
• gebaretaal
• gebruikstaal
• geselstaal
• huistaal
• kontreitaal
• landstaal
• lyftaal
• moedertaal
• omgangstaal
• onderrigtaal
• rekenaartaal
• streektaak
• vaktaal

Afgelei:
• taalaktivis
• taalgebruik
• taalgebruiker
• taalfossiel
• taalghoeroe
• taalvaardigheid
• taalvraag

Vertaling:
Engels: language, tongue, speech
Nederlands: taal
Swazi: lulwimi
Venda: luambo
Xhosa: ulwimi
Zoeloe: ulimi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 09 Mei 2024 10:42]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: Januarie
Volgende onderwerp: gereformeerde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 18:34:23 MGT 2024