Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » party
party [boodskap #125586] Sa, 04 Mei 2019 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
party
Afbreking: par•ty




Selfstandige naamwoord: party
Meervoud: partye
Verkleinwoord: partytjie
Meervoud van verkleining: partytjies

Betekenis:
• Vereniging van gelykgesindes wat politieke doelstellinge nastreef.
• Persoon of groep wat 'n ooreenkoms of stryd met 'n ander persoon of groep aangaan.
• 'n Fees; geleentheid waartydens gekuier word.

Gebruik:
• Vir watter party gaan die in hierdie verkiesing stem?
• Watter party het die ooreenkoms verbreek? Die strydende partye het die wapens neergelê.
• Vanaand gaan ons party. Die partytjie begin eers 7 uur, ons gaan lekker dans.

Sinoniem:
• fees

Afgelei:
• dansparty
• verjaarsdagparty

Vertaling:
Engels: party
Nederlands: partij


Onbepaalde telwoord: party

Betekenis:
• Sommige, maar nie almal nie; 'n onbepaalde (meestal klein) hoeveelheid.

Gebruik:
• Asteroïde is dikwels rotsagtige hemelliggame, maar party bevat ook yster en nikkel.

Sinoniem:
• sommige

Vertaling:
Engels: some, a few
Nederlands: sommige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nou
Volgende onderwerp: elke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:50:17 MGT 2024