Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sommige
sommige [boodskap #125583] Sa, 04 Mei 2019 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sommige
Afbreking: som•mi•ge




Onbepaalde hooftelwoord: sommige

Betekenis:
• Net party, maar nie almal nie; 'n onbepaalde (meestal klein) hoeveelheid.

Gebruik:
• Asteroïdes is dikwels rotsagtige hemelliggame, maar sommige bevat ook yster en nikkel en sommige wat ver van die Son af is bestaan uit ys.

Sinoniem:
• enkele
• party
• sekere

Antoniem:
• alle

Vertaling:
Engels: some
Nederlands: sommige


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: sommige

Betekenis:
• Net party, maar nie almal nie.

Gebruik:
Sommige dink so, maar nie almal nie.

Vertaling:
Engels: some
Nederlands:

Nota:
• Reeds 'n meervoud (mens praat dus nie van sommiges nie).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konus
Volgende onderwerp: Mei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 02:35:11 MGT 2024