Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plaas
plaas [boodskap #125551] Wo, 01 Mei 2019 20:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bokke op 'n plaas.
Bokke op 'n plaas.
plaas
Afbreking: plaas
Uitspraak: /plɑːs/




Selfstandige naamwoord: plaas
Meervoud: plase
Verkleinwoord: plasie
Meervoud van verkleining: plasies

Betekenis:
• (landbou) 'n Groot stuk grond waarop daar geboer word.
• Per uitbreiding, industriële bedrywighede op so 'n stuk grond (windplaas, visplaas, ens.).

Gebruik:
• Die boer se plaas is vir onteiening geoormerk.

Spreekwoord:
• Hy loop of hy die transport van die plaas in sy sak het. [Baie hoogmoedig wees.]

Hiponiem:
• boereplaas
• familieplaas
• groenteplaas
• jagplaas
• pluimveeplaas
• saaiplaas
• suiwelplaas
• varkplaas
• veeplaas
• vrugteplaas
• wildplaas

Afgelei:
• plaasaanval
• plaasbewoner
• plaashek
• plaashuis
• plaasjapie
• plaaspad
• plaasvoorman
• plaaswerk

Vertaling:
Engels: farm, seat
Nederlands: boerderij


Werkwoord: plaas
Verlede tyd: het geplaas
Teenwoordige deelwoord: plasende

Betekenis:
• Op 'n plek neergesit; agterlaat.
• Om iemand aan iets te onderwerp.
• Om te erken; te identifiseer.

Gebruik:
• Hy plaas die stoel voor die deur.
• Ons plaas jou onder huisarres.
• Ek kan hom nie plaas nie.

Vertaling:
Engels: to place, put; to subject; to recognise
Nederlands: plaatsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gewoonlik
Volgende onderwerp: konus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:03:23 MGT 2024