Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skryf
skryf [boodskap #125541] Wo, 01 Mei 2019 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Studente besig om te skryf.
Studente besig om te skryf.
skryf
Afbreking: skryf
Uitspraak: /skrəif/




Werkwoord: skryf
Verlede tyd: het geskryf
Teenwoordige deelwoord: skrywende
Verlede deelwoord: geskrewe

Betekenis:
• Woorde tik of neerpen. Die weergee van taal via 'n medium deur die tekens of simbole van 'n bepaalde skryfstelsel.
• Die manier waarop 'n mens 'n woord spel.

Gebruik:
• Die troepie skryf 'n brief vir sy ma.
• 'n Mens skryf "onmiddellik" met twee d's en twee l'e.

Spreekwoord:
• Iets in goue letters skryf. [Vereer, hoogag.]
• Die hond moet nog net kan lees en skryf. [Die hond is besonder slim.]
• Gekke en dwase skryf hul name op deure en glase. [Dis verspot om jou naam op alles te wil teken.]

Wisselvorm:
• skrywe

Afgelei:
• skryfboek
• skryffout
• skryfkuns
• skryftafel
• skryfteken
• skryftrant
• skryfwerk
• skrywer

Vertaling:
Engels: to write
Nederlands: schrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steeds
Volgende onderwerp: verenigde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:48:58 MGT 2024