Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terwyl
terwyl [boodskap #125409] So, 21 April 2019 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terwyl
Afbreking: ter•wyl




Voegwoord: terwyl

Betekenis:
• Gedurende die vermelde tyd; in die verloop van ander gebeure.
• Hoewel; ofskoon.

Gebruik:
Terwyl ons gespeel het, het ma koek gebak.
• Jy is stout, terwyl jy voor sy siel weet jy gaan nie hiermee wegkom nie.

Spreekwoord:
• Sy son het ondergegaan terwyl dit nog dag was. [Hy het jonk gesterwe.]
• Smee die yster terwyl dit warm is. [Van 'n gunstige geleentheid gebruik maak.]
Terwyl die herders twis, roof die wolf die skape. [Gebrek aan samewerking lei tot ondergang.]

Sinoniem:
• onderwyl
• wyl

Vertaling:
Engels: while, whilst; whereas
Nederlands: terwijl

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kon
Volgende onderwerp: mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 11:27:46 MGT 2024