Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begin
begin [boodskap #125373] Sa, 20 April 2019 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begin
Afbreking: be•gin




Werkwoord: begin
Verlede tyd: het begin
Teenwoordige deelwoord: beginnende
Verlede deelwoord: begonne

Betekenis:
• Aan die gang kom/sit; die eerste stap neem.
• Bepaalde plek of tydstip van oorsprong, ontstaan of skepping.

Gebruik:
• As jy nie nou begin nie gaan ons nooit betyds klaar wees nie.
• Die weer is dreigend en dit het begin reën.

Spreekwoord:
• 'n Goeie begin is halfpad gewin. [As 'n mens fluks begin, is die werk gou klaar.]
• Besin eer jy begin. [Dink eers goed voor jy optree.]
• Sy bene begin rooi word. [Hy begin vryerig raak.]
Begin met 'n skoon lei. [Van nuuts af begin.]
• Sy bors begin afsak. [Hy kry 'n maag.]

Antoniem:
• eindig
• stop

Vertaling:
Engels: to begin, start
Nederlands: beginnen


Selfstandige naamwoord: begin
Meervoud:

Betekenis:
• Tyd, plek of geleentheid waar iets ontstaan.

Gebruik:
• Begin by die begin.
• In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Spreekwoord:
• 'n Goeie begin is halfpad gewin. [As 'n mens fluks begin, is die werk gou klaar.]
• Klein begin, aanhou win. [Deur aan te hou, al is die begin hoe beskeie, bereik 'n mens jou doel.]

Sinoniem:
• aanloop
• aanvang
• afskop
• oorsprong
• vertrekpunt
• wegspring

Antoniem:
• einde

Afgelei:
• begindatum
• beginfase
• beginpaal
• beginpunt
• beginrym
• beginstadium
• begintyd

Vertaling:
Engels: beginning, start, outset
Nederlands: begin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hom
Volgende onderwerp: hul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:46:34 MGT 2024