Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » een
een [boodskap #125348] Vr, 19 April 2019 13:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
een
Afbreking: een




Hooftelwoord: een

Betekenis:
• Die getal 1;
• Een meer as nul en een minder as twee.
• 10 tot die mag 0.

Gebruik:
• Kan ek een suigstokkie kry?
Een van die twee drielinge vier op die vyfde van die sesde maand sy sewende verjaarsdag.

Spreekwoord:
• By die een oor in en by die ander uit. [Gou vergeet wat jy gehoor het.]
Een maal in 'n blou maand. [Selde.]
Een voet in die graf hê. [Baie oud wees; dodelik siek wees.]
• Baie mak skape gaan in een kraal. [Vredeliewende mense kan maklik saamwoon.]
Een blinde kan nie 'n ander lei nie. [Een onkundige persoon kan nie 'n ander help wat ook niks weet nie.]
• Hulle eet nie uit een bak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]
• Hulle is kop in een mus. [Beplan dinge saam.]
• Hulle sit langs een vuur. [Van dieselfde mening wees.]
• Hy is een uit 'n duisend. [Iemand met voortreflike eienskappe.]
• Hy praat een stryk deur. [Sonder ophou.]
• Rome is nie in een dag gebou nie. ['n Groot werk kom langsaam tot stand.]
• Ses van die een en halfdosyn van die ander. [Dieselfde ding.]
• Soos een man. [Almal saam; eenparig.]
Een swaeltjie maak nie die somer nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]
Een voël in die hand is beter as tien in die lug. [Wat seker is, is bo die onsekere te verkies.]

Verwant:
• eerste

Vertaling:
Engels: one
Nederlands: een


Selfstandige naamwoord: een
Meervoud: ene, eens
Verkleinwoord: enetjie
Meervoud van verkleining: enetjies

Betekenis:
• Die kleinste heelgetal of dit wat dit verteenwoordig.

Gebruik:
• Wil jy die een of daai een hê.

Afgelei:
• eenheid
• eenuur

Vertaling:
Engels: one
Nederlands: een


Byvoeglike naamwoord: een

Betekenis:
• 'n Sekere; dieselfde.

Gebruik:
Een aand het hy laat gaan slaap.

Vertaling:
Engels: one
Nederlands: een


Voornaamwoord: een

Betekenis:
• Iets of iemand.

Gebruik:
• Daardie een is mooi.

Vertaling:
Engels: one
Nederlands: een

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ander
Volgende onderwerp: gebruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 19:05:00 MGT 2024