Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » van
van [boodskap #125207] Di, 26 Maart 2019 14:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
van
Afbreking: van
Uitspraak: /fan/




Selfstandige naamwoord: van
Meervoud: vanne
Verkleinwoord: vannetjie
Meervoud van verkleining: vannetjies

Betekenis:
• Die naam wat jy agter jou doopnaam, voornaam of noemnaam skryf. 'n Persoon se familienaam. Die agternaam wat mens van jou gesin of familie kry.

Gebruik:
• Hoe spel mens jou van?
• Daleboudt is 'n vreemde van in Suid-Afrika!

Vertaling:
Engels: surname
Nederlands: achternaam
Zoeloe: isibongo


Voorsetsel: van

Betekenis:
• Dui besit aan.
• Dui afstand of tyd aan.
• Dui die begin van iets of afkoms/herkoms daarvaan aan.
• Dui die rede vir iets aan.
• Dui 'n gedeelte van 'n geheel aan.
• Dui die stof waarvan iets gemaak is aan.

Gebruik:
• Hy het die venster van die kar gebreek.
• Hoe ver is hy van hier af? Sy werk elke dag van vroeg tot laat.
Van die wêreld se beste wyne kom van hierdie streek af.
• Haar oë is rooi van die huil.
• Ons het met van die belangrikste leiers gepraat.
• Die tafel is van hout gemaak.

Vertaling:
Engels: of, from, because of, with, for
Nederlands: van
Zoeloe: kusukela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Suid-Afrika
Volgende onderwerp: en
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 18:19:03 MGT 2024