Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou/ oue
Ou/ oue [boodskap #12514] Sa, 07 Februarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In Afrikaans word "oue" gebruik om verdere emosie
aan "ou" te gee:

die ou wilg = the old willow tree
die oue wilg = the old willow tree with its
place in my memory, the tree
to which I attach special
significance.

Dan is daar argaiese Nederlanse vorme van "oud"
in sommige idiomatiese uitdrukkinge:

hy is oude doos = he is old fashioned
uit die oude doos
uit die oude verlede

Gloudina Bouwer
Re: Ou/ oue [boodskap #12515 is 'n antwoord op boodskap #12514] Sa, 07 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Gloudina.

Geld daardie reël vir elke eenlettergrepige adjektief ? Ek weet dat
adjektiewe met meer as een lettergreep altyd 'n "e" kry - daar is nog
uitsonderings as die adjektief op 'n "r" eindig - maar ek probeer al 7 jaar
om uit te vind hoe die "eenlettergrepiges"
verbuig word. In Nederlands (my moedertaal) is dit nogal verskillend.

Groete - Hilda - gervaas...@ping.be
Vorige onderwerp: Ja oraait
Volgende onderwerp: Skei konservatiewe politiek en afrikaans asseblief !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:08:37 MGT 2024