Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alfonso XIII
Alfonso XIII [boodskap #124951] So, 10 Maart 2019 05:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alfonso XIII
Alfonso XIII
Alfonso XIII (1886 - 1941) was die laaste koning van Spanje. Hy is in 1931 tot abdikasie gedwing.

Alfonso was van sy geboorte af die monarg aangesien sy pa, Alfonso XII, die jaar voor sy geboorte gesterf het. Alfonso se ma, Maria Christina van Oostenryk, het as regent gedien totdat hy in 1902 op sy sestiende verjaardag volle magte aangeneem het. Hy was ongewild omdat hy die diktatorskap van Primo de Rivera gesteun het. Hy abdikeer en verlaat Spanje vrywillig ná die verkiesing van April 1931, wat as 'n referendum tussen monargie en republiek gedien het.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alexis, Willibald
Volgende onderwerp: Alfred die Grote
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 07:23:29 MGT 2024