Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alexander
Alexander [boodskap #124945] Sa, 09 Maart 2019 09:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alexander kan o.a. na een van die volgende verwys:

1. Een van drie tsare van Rusland: Alexander I (1777 - 1825), wat Napoleon se leër in 1812 gedwing het om uit sy land terug te trek; stigter van die Heilige Verbond; Alexander II (1818 - 81), het die lyfeienskap in 1861 afgeskaf; Alexander III (1845 - 94), was weer ’n outokraat en het Midde-Asië aan Rusland onderwerp.

2. Een van agt pouse, onder wie Alexander III (oorlede 1181), wat Hendrik II van Engeland vir die moord op Becket laat boete doen het.

3. Naam van verskeie konings van Skotland: Alexander I, oorlede 1124; Alexander II (1198 - 1249), wat die Engelse baronne gehelp het om koning Jan te dwing om sy toestemming tot die Magna Carta te gee; Alexander II (1241 - 86), koning toe hy agt jaar oud was; ’n sterk regeerder, verongeluk toe hy te perd oor die rand van ’n afgrond gery het.

4. Alexander die Grote (Grieks: Alexandros, 356 - 323 v.C.), koning van Macedonië.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aletrino, Arnold
Volgende onderwerp: Alexander, veldmaarskalk Harold R.L.G.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:05:53 MGT 2024