Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Akwaduk
Akwaduk [boodskap #124896] So, 03 Maart 2019 12:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pont du Gard in Frankryk, ’n antieke Romeinse akwaduk wat omstreeks 19 v.C. gebou is.
Pont du Gard in Frankryk, ’n antieke Romeinse akwaduk wat omstreeks 19 v.C. gebou is.
'n Akwaduk is 'n brug of kanaal waarlangs water vloei. Die Romeine was beroemd om hulle groot klip-akwaduke; die oudste (gebou 310 v.C. en 19,000 tree lank) het water na Rome vervoer; oorblyfsels daarvan is nog te sien. Die Romeinse akwaduk by Segovia, in Spanje, een van die merkwaardigstes, asook die Port du Gard in Suid-Frankryk, staan nog. Moderne akwaduke of waterleidings, is gewoonlik pypleidings, waardeur water oor lang afstande na dig bewoonde gebiede gebring word. Die Randse Waterraad het bv. in 1954 39½ miljoen gelling water, hoofsaaklik uit die Vaalrivier, verskaf aan ’n gebied wat strek van noord van Pretoria en oos van Heidelberg tot Vereeniging (suid) en wes van Blyvooruitsig.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Aktuaris
Volgende onderwerp: Akwamaryn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 03:20:02 MGT 2024