Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Ver in die wêreld
Ver in die wêreld [boodskap #124883] Sa, 02 Maart 2019 19:03
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
VER IN DIE WÊRELD, KITTIE

Ver in die wêreld Kittie
Kittie, Kittie
Ver in die wêreld Kittie
Kittie, Kittie
Kittie oor die see

Sy laat haar draai
Sy laat haar swaai
Maar sy laat haar nie verraai
Sy laat haar draai
Sy laat haar swaai
Maar sy laat haar nie verraai

Al in die rondte Kittie
Kittie, Kittie
Al in die rondte Kittie
Kittie, Kittie
Kittie om die draai

Hy swaai haar hier
En hy swaai haar daar
Maar sy hou haar bymekaar
Hy swaai haar hier
En hy swaai haar daar
Maar sy hou haar bymekaar

Wie is die kêrel Kittie
Kittie, Kittie
Wie is die kêrel Kittie
Kittie, Kittie
Wat so knaend draai

Dis Piet de Waal
Wat die paal wil haal
Maar sy flous hom elke maal
Dis Piet de Waal
Wat die paal wil haal
Maar sy flous hom elke maal

WOORDE: TRADISIONEEL (FAK)

Vorige onderwerp: So ry die trein
Volgende onderwerp: Die land - liedjie van die jaar!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 06:47:49 MGT 2024