Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Agar-agar (Seewierjellie)
Agar-agar [boodskap #124832] Do, 21 Februarie 2019 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agar-agar is 'n plantaardige jellie (selei van seewier) wat uit verskeie soorte seegras vervaardig word. Dit is 'n bestanddeel van talle produkte en word o.a. as vervanging van gelatien/geleistof vir vegetariërs gebruik en om bakterieë in te kweek. Dit kom oorspronklik van Japan, maar Suid-Afrika het ook verskeie wiere wat goeie agar-agar lewer, soos die donkerrooi alge aan die Weskus by die Langebaan-strandmeer.

Agar-agar is wit, smaakloos en ligdeurlatend. Dit is 80% vesel en bestaan hoofsaaklik uit koolhidrate, is ryk aan stikstof en bevat groot hoeveelhede mineraalsoute en proteïene. Dit swel op in koue water en los in warm water op. By 85 ºC smelt dit weg en tussen 32º en 40 ºC stol dit. Hierdie eienskap gee 'n goeie balans tussen die smelt en stabiliteit van die jellie by 'n redelik hoë temperatuur. Omdat dit naby 37 ºC (dus liggaamstemperatuur) is, is dit vir die mediese wetenskap belangrik. Die bindkrag van agar-agar is twee maal so strek as by jellie van dierlike afkoms.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Agamemnon
Volgende onderwerp: Agas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:14:09 MGT 2024