Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: R 5m robbery
Re: R 5m robbery [boodskap #12373] Do, 29 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Vyg Fynbos  is tans af-lyn  Vyg Fynbos
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
"JAN!TOR" wrote:

> Julle weet wat die ergste is, is die apatie wat ek voel. Ek kan myself nie
> kry om opgewonde te raak selfs wanneer daar 'n paar van die rowers in
> hegtenis geneem is nie.
>
> Dit gaan hulle nie baie lank neem om weer te onsnap nie. Al wanneer ek tot
> 'n mate dink dat daar iets positiefs plaasvind, is wanneer daar van die
> rowers sterf. Siek nê.
>
> Francois

nee nie siek nie..BRING TERUG DIE DOODSTRAF
Re: R 5m robbery [boodskap #12389 is 'n antwoord op boodskap #12373] Vr, 30 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Vyg Fynbos wrote:

> "JAN!TOR" wrote:
>
>> Dit gaan hulle nie baie lank neem om weer te onsnap nie. Al wanneer ek tot
>> 'n mate dink dat daar iets positiefs plaasvind, is wanneer daar van die
>> rowers sterf. Siek nê.
>>
>> Francois
>
> nee nie siek nie..BRING TERUG DIE DOODSTRAF

Wel. Dis nou alles goed en wel. Bring terug die doodstraf. Ek het 'n probleem
met daardie tipe van argument, en hier is die rede daarvoor: Vir die doodstraf
om 'n goeie afskrikmiddel te wees, moet die voornemende krimineel redelik seker
wees dat hy 1) Gevang gaan word, 2) lank genoeg aangehou gaan word om aangekla
te word en nie op borgtog uitgelaat te word nie, 3) Hy skuldig bevind gaan word,
m.a.w. die polisie sal genoeg getuienis bymekaar maak, geen foute met prosedure
maak nie, en opdaag om te getuig. Die voornemende krimineel moet dan ook
appeleer teen die vonnis (indien dit uitgespreek word). Tussenin is daar nog 'n
paar ander dinge wat moet gebeur voordat die krimineel uiteindelik hang.

Wat is my probleem ? Om die uiteindelike straf swaarder te maak help niks as
kriminele weet dat die kans op uiteindelike vervolging baie klein is nie. Dit is
ook die geval deesdae: net 'n klein persentasie van kriminele word gearresteer.
'n Persentasie (nie groot genoeg nie) word uiteindelik vervolg, en net 'n
persentasie daarvan word uiteindelik skuldig bevind en gevonnis.

Die doodstraf is nie 'n wonderoplossing nie.

H-J
Vorige onderwerp: Quoate van die week,(jaar? dekade?)
Volgende onderwerp: louis franssens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 19:30:33 MGT 2024