Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner Jeug
Afrikaner Jeug [boodskap #12177] So, 18 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
et  is tans af-lyn  et
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Bekendstelling

Die Voortrekkers het besluit om polities korrek te word. Dit het tot gevolg
gehad dat daar 'n reeks veranderinge binne die Voortrekkers plaasgevind het
wat die hele wese en karakter van die Voortekkers oor die afgelope 4 jaar
ingrypend verander het.

Die mees duidelike verandering is dat daar nou lede van ander
bevolkingsgroepe by die Voortrekkers ingelyf word. In die lig van die feit
dat die Voortrekkers aanvanklik gestig is as 'n organisasie vir die Blanke
Afrikaner, wonder ek nou hoe hierdie "buitestaander lede" die organisasie
gaan beinvloed.
Hulle het to immers nie dieselfde ervaring van die geskiedenis as die
Afrikaner nie. Verder is daar ook nog duidelike geloofsverskille wat hulle
verder van die Afrikaner onderskei. Kom ons kyk na 'n paar van hierdie
sake.

Die duidelikste verskil wat na vore kom is die van geloof. Meeste van die
"buitestaander lede" kom van 'n kultuuragtergrond wat, alhoewel hulle
Christene mag wees, gladnie die geloofsgeskrifte van die susterskerke
onderskryf nie. As 'n mens in ag neem dat die regimente van die
Voortrekkerbeweging duidelik uitstip dat hulle 'n Calvinistiese
uitgangspunt soos gesien van die oogpunt van die susterskerke onderskryf,
wonder 'n mens hoe ernstig die Voortrekkers deesdae hul eie reels opneem.

Hierdie feit, tesame met die skrapping van die besware klousille, kan tot
gevolg hê, dat die ware Christen-Voortrekker nou 'n funksie sal moet
eerbiedig waar 'n leeraar van 'n ander geloofsleer optree. Dit is uiteraard
onaanvaarbaar, maar die Voortrekker lid het homself die reg om te onttrek
onsê.

Gedurende die argument wat tot die opbreek van die Voortrekkers gelei het,
is enigeen wat hierdie feit na vore wou bring doodeenvoudig net doodgepraat
en hy is afgemaak as iemand wat doodeenvoudig net nie die nuwe vlag van die
land wou eerbiedig nie. Oor die vlag later meer.

Die inlywing van die "buitestaander lede" van die Voortrekkers het daar
natuurlik 'n nuwe delema na vore getree. Al die handleidings wat binne die
Voortrekkers  tot op hede gebruik is, is geskryf met die geskiedenis vanuit
die oogpunt van die Afrikaner. In hierdie handleidings is daar baie
stellings wat nie vir ander bevolkingsgroepe aanvaarbaar is nie, en wat in
die nuwe uitgawes so afgewater is, dat die geskiedenis soos nou deur die
Voortrekkers voorgehou is inderdaad niksseggend is, kyk maar na die
beskrywing van die landing van Jan van Riebeeck in die nuwe handleiding.
Alhoewel dit histories korrek is sover die fisiese gebeure betref, verdraai
die handleiding die gevoelens rondom die gebeure om by die huidige
politieke situasie in te pas. Die plaaslike bevolking van daardie jare het
die vestiging van die kolonie beslis nie as diefstal van hul grond beskou
nie. Daardie gevoel mag vandag dalk heers, maar dit is duidelik die gevolg
van 'n doelgerigte poging om die Afrikaner en alles wat hy tot dusver
bereik het tot niet te maak, en hom sodoende sy erfenis te ontsê. Die
probleem is egter dat die proses so deur die leierskap verbloem en
geregverdig word dat die deursnee Afrikaner dit nie eers besef nie. Ek wil
met hierdie stelling nie die gruweldade wat in die verlede plaasgevind het
regverdig nie, maar die leser slegs daarop wys dat daar baie in sy
geskiedenis is waaroor hy werklik trots kan voel.

Die huidige politieke toestand in die land neig om die Afrianer se aandag
op al die negatiewe punte van sy geskiedenis te wil fokus om hom sodoende
tot die punt te kry waar hyself alles wat hy vermag het sal ontken. 'n
Sprekende voorbeeld hiervan is byvoorbeeld die kommentaar van die
Mosambiekse President wat, toe die eerste Afrikaner Boere hulle n sy land
gaan vestig het na die laaste verkiesing. Ek haal aan: "Hierdie gebeurtenis
sal die Boerevolk leer om met ander saam te werk.". Dat my ou volk nou maar
eenmaal 'n volk van hardekoppe is, is ek eerste om te erken, maar as ons
terugkyk in die geskiedenis, sal 'n mens sien dat die Boerevolk inderdaad
'n goeie verhouding met die inheemse volkere gehad het, totdat die deur die
Engelse agente versuur is. Die gevoelens wat so deur Rhodes en sy agente
geskep is, was inderdaad een van die faktore wat tot die Sekoekoenie,
Mapoch en ander soortgelyke oorloë gely het. Dit het immers die basis gelê
vir die rassehaat wat vandag nog 'n probleem in ons land is.

Om na die vlag terug te keer. Waarom die polimiek oor die erkenning van die
nuwe landsvlag? Het dieselfde gevoel nie geheers in 1928 toe die vorige
vlag in gebruik geneem is nie? Trouens, daar is vandag nog 'n deel van die
bevolking wat ten sterkste beswaar maak oor die Union Jack wat in die vlag
vervat is en gevolglik nie die vlag wil eerbiedig nie. Hierdie is immers
veronderstel om 'n land te wees waar almal hulself kan uitleef. Waarom word
hierdie groep van ons bevolking dan hul reg ontsê?

Maar kom ons bepaal ons by die Voortrekkers. Ons wens hulle alle sukses toe
in hul taak voerentoe. Hulle het 'n baie moeilike pad gekies, een wat
sekerlik gaan lei tot die stigting van 'n Afrikaanse Boy Scout beweging.
Indien hulle aangaan op die pad wat hulle gekies het, sal alle verwysing na
die geskiedenis en kultuur uit hulle organisasie verdwyn. Ons hoop dat hulle
dit sal besef voordat dit t laat is.

Nou 'n bietjie oor die Afrikaner Volkskultuurbeweging. Dat daar
oorvleueling met die Voortrekkers gaan plaasvind is 'n uitgemaakte saak. 'n
Mens moet egter nie daarin vaskyk nie, aangesien die Voortrekkers tog ook
'n oorvleueling met die Bouy-Scouts het. Die verskil is in die uitgangspunt
van die bewegings. Die Voortrekkers het hulself tot 'n platoniese beweging
omskep met geen kulturele standpunt nie, terwyl die AVKB homself sien as 'n
beweging met 'n sterk kulturele standpunt. Dit kan tot gevolg hê dat hy
somtyds 'n ongewilde standpunt moet inneem, maar daar moet vooraf besef
word dat dit baie duidelik en onomwonde gestel is vanaf die begin.

Die negatiewe beeld wat deur somigge persone geskep is, gaan moelik wees om
af te breek, maar as ons op ons Skepper vertrou en volhard, salons
suksesvol wees.

Ek wens u alle voorspoed en welvaart toe.

Posduif.
Re:Afrikaner Jeug [boodskap #12201 is 'n antwoord op boodskap #12177] Ma, 19 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spy[1]  is tans af-lyn  Spy[1]
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink Piet Retief draai om in sy graf.......
'n swart penkop(wat van borselkop of baksteen kop).........stuur tog 'n foto
asb.
Re: Afrikaner Jeug [boodskap #12220 is 'n antwoord op boodskap #12177] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Definisies van die begrip "kultuur" verskil van mens tot mens. Toe ek
op laer skool was, was ek vir 'n jaar of wat lid van die Voortrekkers,
want dit het gelyk na 'n lekker soort bende om aan te behoort.

Later het ek besef watter bose bende dit eintlik is. 'n Bende wat
kwansuis 'n Afrikaner kultuur-organisasie is, maar wat in werklikheid
'n kragtige politieke instrument is om kinders van kleins af te
indoktrineer met verdraaide geskiedenisvertellings en 'n kwalik
bedekte aanvuur van rassisme. Alles natuurlik nasionalisties verpak
teen die agtergrond van ''Christenskap''.

Die Voortrekkers is en was nog altyd 'n groot leuen, net soos die
populere Voortrekkergeskiedenis waarop dit gegrond is.

As die Voortrekkers en hul doelwitte kultuur is, dan verkies ek om te
wees wat hulle as barbare beskou. Iemand wat van buite kyk, sal baie
maklik die ideologiese ooreenkomste tussen die Voortrekkerbeweging en
die Hitlerjugend sien.

Groete

Jopie
Re: Afrikaner Jeug [boodskap #12221 is 'n antwoord op boodskap #12177] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pi...  is tans af-lyn  pi...
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Die Voortrekkers het besluit om polities korrek te word. Dit het tot gevolg
> gehad dat daar 'n reeks veranderinge binne die Voortrekkers plaasgevind het
> wat die hele wese en karakter van die Voortekkers oor die afgelope 4 jaar
> ingrypend verander het.
So jy dink seker dat die koms van die demokratiese regering ook 'n
politiek korrekte stap was. Dis hoog tyd dat die Voortrekkers se
kwalik verhulde Nasionale Party/Vryheidsfront karakter verander. Daar
is nie plek vir eksklusiewe bewegings in hierdie land nie.
> Die mees duidelike verandering is dat daar nou lede van ander
> bevolkingsgroepe by die Voortrekkers ingelyf word. In die lig van die feit
> dat die Voortrekkers aanvanklik gestig is as 'n organisasie vir die Blanke
> Afrikaner, wonder ek nou hoe hierdie "buitestaander lede" die organisasie
> gaan beinvloed.
Swart en bruin mense is nie buitestanders in die land nie. Met so 'n
houding gaan ons nerens kom nie.
> Hulle het to immers nie dieselfde ervaring van die geskiedenis as die
> Afrikaner nie. Verder is daar ook nog duidelike geloofsverskille wat hulle
> verder van die Afrikaner onderskei
Dis goed so, dan kan die Afrikaners se bloedjies uiteindelik 'n
bietjie objektiwiteit kry en hoor van die ander kant van die
geskiedenis as die opgehemelde, eensydige, Christelik-Nasionale
verdraaiing wat ons in die skole en by die Voortrekkers (ja, ek was
ook een) gekry het.
Re: Afrikaner Jeug [boodskap #12298 is 'n antwoord op boodskap #12177] Sa, 24 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 18 Jan 1998 18:33:10 GMT, "et" wrote:

> Die duidelikste verskil wat na vore kom is die van geloof. Meeste van die
> "buitestaander lede" kom van 'n kultuuragtergrond wat, alhoewel hulle
> Christene mag wees, gladnie die geloofsgeskrifte van die susterskerke
> onderskryf nie.

O.. ek sien. Hy mag 'n christen wees, maar omdat hy nie Tant Sannie
se omsendbrief vir die basaar so lekker verstaan nie, is hy nou
skielik nie meer 'n christen nie. As jy 'n christen is, is jy mos 'n
christen. Die kerk(of dié se geloofsgeskrifte, of omsendbriewe, hehe)
waaraan jy behoort, beïnvloed nie dié beginsel nie.

> Hierdie feit, tesame met die skrapping van die besware klousille, kan tot
> gevolg hê, dat die ware Christen-Voortrekker nou 'n funksie sal moet
> eerbiedig waar 'n leeraar van 'n ander geloofsleer optree. Dit is uiteraard
> onaanvaarbaar

Onaanvaarbaar volgens wie? Of veralgemeen jy nou sommer vir die hele
Afrikanervolk.

> Die plaaslike bevolking van daardie jare het
> die vestiging van die kolonie beslis nie as diefstal van hul grond beskou
> nie.

En hoe weet jy dit? Snaakse aanname wat jy maak. Ek sal my woorde
terugtrek indien jy 350 jaar of ouer is, want net dan sal jy in 'n
posisie kon wees om daai bewering te kon staaf. Ek dink dis 'n meer
realistiese aanname om te maak dat hulle wel gevoel het hulle grond is
van hulle ontneem.

> Maar kom ons bepaal ons by die Voortrekkers. Ons wens hulle alle sukses toe
> in hul taak voerentoe. Hulle het 'n baie moeilike pad gekies, een wat
> sekerlik gaan lei tot die stigting van 'n Afrikaanse Boy Scout beweging.
> Indien hulle aangaan op die pad wat hulle gekies het, sal alle verwysing na
> die geskiedenis en kultuur uit hulle organisasie verdwyn. Ons hoop dat hulle
> dit sal besef voordat dit t laat is.

Ek was self 'n Voortrekker(vir 'n maand) in die laerskool. Gelyk na
'n lekker affêre met uitstappies, vriende en al daai dinge. Dis ook
maar waar dit gestop het. As ek aan 'n Voortrekker dink, dink ek net
aan boeppense, lang baarde en kamme in die sokkies. Nie my tipe
erfenis nie dankie. Meeste AWB lede was Voortrekkers toe hulle
kinders was. Wat sê dit vir jou? Miskien is die vernuwing in die
Voortrekker-beweging waarna jy verwys juis 'n goeie ding. Wie weet,
miskien sal ouens soos ek ook dan miskien kan aansluit. :o)

> Die negatiewe beeld wat deur somigge persone geskep is, gaan moelik wees om
> af te breek, maar as ons op ons Skepper vertrou en volhard, salons
> suksesvol wees.

Alle verregse groepe, AWB, ens. ens. ens. en ook die
Voortrekkerbeweging lyk my(in baie se oë) word ge-assosieer met
blatante (deesdae soms goed verskuilde) rassisme. Meeste van dié
groepe verkondig gewoonlik breedvoerig hul christenskap soos jy nou
hierbo gedoen het. Dis alles natuurlik piekfyn. ...ek weet egter net
nie hoe dié bewegings rassisme en christenskap onder dieselfe sambreel
bring nie. ???

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: Afrikaner Jeug [boodskap #12343 is 'n antwoord op boodskap #12177] Di, 27 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
JAN!TOR  is tans af-lyn  JAN!TOR
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet ongelukkig met jou saam stem. Maar waaraan glo ons? Hitler se
dade was afstootlik, maar dink jy nie sy mense was trots gewees om duitsers
te wees nie? Kyk die indruk wat Hitler nog steeds laat vyftig jaar later.

Ek kan nie glo dat ek op skool die vlaglied gesing het uit volle bors, en
UITGESIEN het om grens toe te gaan nie. Ek het GEGLO! Selfs al was die
appel se kern verrot, het dit van ons Afrikaners 'n trotse nasie gemaak.

Waaraan glo ek vandag? Nie my land nie! Miskien my volk. Nie in enige
politieke bestel of oplossing nie. Miskien kom dit met ouderdom, miskien
is dit ons omstandighede. My eie kinders is in die Voortrekkers. Hulle
leer 'n trots in ons verlede. Waarin anders gaan hulle glo?

Ja ons was gebreinspoel, te veel Swart Luiperd boekies en "glamarous
portrails" van die Boere Oorlog. Maar dit het aan ons 'n soliede fondasie
gegee. Kyk net na die fondasie van die huidige heersers.

Waaraan glo hulle?

"To have had and lost, is better, than never to have had at all! "

Francois
Vorige onderwerp: Ek mis iets. Help
Volgende onderwerp: Misdaadsyfers (Re: Die realiteite van hongersnood)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:07:13 MGT 2024