Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans en die diepte daarvan...
Afrikaans en die diepte daarvan... [boodskap #12179] So, 18 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Piet, Piet.... Wag nou kêrel. Uhmm... ek hoop jy neem kennis van die feit
dat ek darem jou naam met 'n hoofletter spel. En ook dat ek 'n sin met 'n
hoofletter begin, al het Mnr. Wolmarans my in die Afrikaanse klas geleer
dat jy nooit 'n sin met "en" begin nie.

Die onderwerp wat jy aangeroer het, kon inderdaad 'n interrisante een
gewees het. Net jammer vir die laaste sin wat 'n ondertoon van sarkasme
ingehou het. Dus het ek maar in 'n tipiese "tit for tat" formaat gereageer.

Om een of ander rede is die Afrikaanse taal en kultuur 'n ideale teiken vir
bitterbekke. Ons is nou al so sensitief vir hierdie tipe van geslepe
uitlokking dat ons terug aanval nog voor die eerste skoot behoorlik geklap
het. Jeremy Mansfield op Hoeveld Stereo is waarskynlik die beste voorbeeld
waarop ek nou my vinger kan lê. Snaaks genoeg vloek hy so lekker in
Afrikaans. Hy is veral geheg aan die woord "kak". Ek wonder hoekom?

Kan ek jou herhinder aan die sensuur wette wat die Afrikaanse skrywers aan
bande gelê het? Onthou jy Kennis Van Die Aand? Die lesers het saam met die
skrywers handoek ingegooi. Hoera vir 'n nuwe regering met visie. Miskien
sal die Afrikaanse letterkunde uit die modder opstaan, voor ons meer Kringe
In 'n Bos hardloop.

OK dit is die teorie daaragter. Ek persoonlik het 'n probleem met fiksie.
Bladsy nommer een is nie 'n probleem nie. Bladsy twee vervaag gou-gou,
bladsy drie volg ek getrou en teen die einde van die eerste hoofstuk kan ek
min of meer vir jou vertel wat op bladsy een gestaan het...Miskien.

Terloops, ek het in my vorige skrywe vergeet om te sê dat ek darem ook
Geknelde Land in standerd nege gelees het...

Groetnis, Alwyn
Re: Afrikaans en die diepte daarvan... [boodskap #12222 is 'n antwoord op boodskap #12179] Di, 20 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
pi...  is tans af-lyn  pi...
Boodskappe: 17
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Alwyn Nel" wrote:

> Piet, Piet.... Wag nou kêrel. Uhmm... ek hoop jy neem kennis van die feit
> dat ek darem jou naam met 'n hoofletter spel. En ook dat ek 'n sin met 'n
> hoofletter begin, al het Mnr. Wolmarans my in die Afrikaanse klas geleer
> dat jy nooit 'n sin met "en" begin nie.
Luister Allies, laat ons nie vir mekaar spellesse begin gee nie. Ek
skryf hier haastig, dis hoekom ek slordig skryf. Maar, lag maar, ek is
'n taalpraktisyn van beroep en het darem ook al die een en ander op
die biblioteek se rakke.

> Die onderwerp wat jy aangeroer het, kon inderdaad 'n interrisante een
> gewees het. Net jammer vir die laaste sin wat 'n ondertoon van sarkasme
> ingehou het. Dus het ek maar in 'n tipiese "tit for tat" formaat gereageer.
My tweede naam is sarkasme. Live with it.

> Kan ek jou herhinder aan die sensuur wette wat die Afrikaanse skrywers aan
> bande gelê het? Onthou jy Kennis Van Die Aand? Die lesers het saam met die
> skrywers handoek ingegooi. Hoera vir 'n nuwe regering met visie. Miskien
> sal die Afrikaanse letterkunde uit die modder opstaan, voor ons meer Kringe
> In 'n Bos hardloop.
Ek dink jy ignoreer nou die hele oplewing van die Afrikaanse boek
sedert die laat tagtigerjare. Meer mense lees nou Afrikaanse boeke as
ooit, se die getalle. Die Afrikaanse letterkunde is nie in die modder
nie. Dis die sterkste letterkunde op die kontinent. Glo my maar, ek
het die feite.

> OK dit is die teorie daaragter. Ek persoonlik het 'n probleem met fiksie.
> Bladsy nommer een is nie 'n probleem nie. Bladsy twee vervaag gou-gou,
> bladsy drie volg ek getrou en teen die einde van die eerste hoofstuk kan ek
> min of meer vir jou vertel wat op bladsy een gestaan het...Miskien.
Jy hoef nie Afrikaanse fiksie te lees nie, jy kan mos nie-fiksie lees.
Maar daar is darem baie goeie Afrikaanse fiksie ook. Miskien moet jy
dit net nie so naby aan slapenstyd lees nie en nie 'n koppie Milo of
brandewyn drink voor jy inkruip met 'n boek nie.
> Terloops, ek het in my vorige skrywe vergeet om te sê dat ek darem ook
> Geknelde Land in standerd nege gelees het...
Baie geluk met Geknelde Land. Dis natuurlik deel van die groot
Afrikaner-kanon en moet ons trots maak op ons koloniale geskiedenis.
Ek sal die korrektief daarop aanbeveel: Eben Venter se Foxtrot van die
Vleiseters.
> Groetnis, Alwyn
Vorige onderwerp: afrikaanses is vlak
Volgende onderwerp: "Vroedvrouw & Zwangerschap" rondzendlijst
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 15:02:05 MGT 2024