Bews, Professor John William [boodskap #121182] |
Sa, 24 November 2018 11:27 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Professor John William Bews was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Gebore op Kirkwall in die Orkney-eilande op 16 Desember 1884. Studeer aan die Universiteit Edinburgh en word lektor in Plantkunde aan die universiteite Manchester en Edinburgh. In 1910 word hy aangestel as professor aan die Universiteitskollege van Natal, waar hy in grasse spesialiseer. In 1912 ontvang hy 'n Carnegie-Navorsingsbeurs. Hy lewer baie bydraes in wetenskaplike blaaie en het internasionale aansien verwerf as 'n ekoloog. Oorlede in 1938.
Die genus Bewsia is na hom vernoem. Sy botaniese outeursafkorting is Bews.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|