Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aalwyn
Aalwyn [boodskap #120878] Vr, 09 November 2018 15:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Aalwyne in Kaapstad.
Aalwyne in Kaapstad.
'n Aalwyn is enige soort van die groot geslag Aloe (familie Liliaceae), wydversprei in S.A., met lang, vlesige blare met 'n bitter sap en dikwels getande rande, in 'n digte groep aan die stampunte, en met rooi, oranje of geel blomme.

Aalwyne is 'n groot klas vetplante van die leliefamilie wat stamlose plante, bosse en bome bevat. Byna die helfte van die 300 spesies van die familie word in Suidelike Afrika aangetref, veral in Transvaal. Hoewel die meeste teen droogte bestand is (die kaal, blaarlose Aloe pillansii groei in dele waar reën net elke twee of drie jaar val) groei die Aloe haemanthifolia in die natste Kaapse berge en die Aloe polyphylla in die sneeubedekte pieke van Lesotho. In Zoeloeland word die kleinste aalwyn bekend, die Aloe saundersiae met sy grasagtige blare van 'n paar duim, aangetref. Die Aloe cillaris is 'n klimop in bosse en bome. Van die bekendste spesies is die opsigtige Aloe striata van Oos-Kaapland met sy breë, doringlose blare; die Aloe arborescem, wat dikwels in tuine gekweek word en waarvan die blare genesende hoedanighede besit vir brande; en die groot Kaapse Aloe ferox waarvan die verdowingsmiddel, Cape Aloes, gemaak word.

In 1685 het Simon van der Stel se ekspedisie na Namakwaland die 15-voet lange kokerboom (Aloe dichotoma) met sy geel blomme daar aangetref en opgemerk dat sy takke deur die Boesmans gebruik word as koker om hulle pyle daarin te dra. Die grootste aalwyn, die Aloe bainesii, is 'n boom van 50 voet met oranje blomme wat in die bosse van Oos-Londen af noordwaarts aangetref word. (Sien The Aloes of South Africa deur A. W. Reynolds vir meer besonderhede).

Die bitter plantsap van Aloe ferox wat geneeskundig gebruik word, word getap deur die afgesnyde blare in 'n kring te pak rondom 'n holte in die grond wat uitgevoer is met 'n bokvel of seil.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Volgende onderwerp: Aam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:21:30 MGT 2024