Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Sappige mopaniewurms
Sappige mopaniewurms [boodskap #120653] Di, 03 Julie 2018 05:57 na volgende boodskap
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Mopaniewurms is blykbaar voedsame kos, ryk en vol proteïne. Ek het egter nie die moed om dit te probeer nie en weet ook nie waar mens die lelike gewurmtes sal kry nie.

Die mopaniewurm se wetenskaplike naam is Imbrasia belina. Hulle is swart met rooierige, geel en witterige bande en het kort rooi of swart stekels wat in fyn wit haartjies bedek is. Die wurms word omtrent sewe sentimeter lank en word so dik soos 'n man se vinger. Die derms moet verwyder word voordat dit gebraai of platgedruk en gedroog word.

Net vir ingeval iemand lus is vir 'n heilsame happie insekte, hier is 'n (blykbaar beproefde) resep vir die voorbereiding daarvan:

Bestanddele:
* 1 pakkie gedroogde mopaniewurms
* bottel rooiwyn
* botter
* knoffel (gemaal)
* sout en peper

Metode:
* Spoel die wurms onder lopende water af.
* Week in die wyn vir die beste deel van 'n dag.
* Kook tot die wyn so te sê verdamp het.
* Plaas botter sowel as die res van die bestanddele in die pot.
* Braai vir 'n paar minute oor hitte.

Die gereg kan op geroosterde Franse brood bedien word.
Smaaklike ete Razz
Re: Sappige mopaniewurms [boodskap #120654 is 'n antwoord op boodskap #120653] Wo, 04 Julie 2018 08:56 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Diegene wat eerder self die rooiwyn wil drink (eerder as om dit oor wurms te gooi), kan hierdie resep probeer:

Bestanddele:
* Gedroogde mopaniewurms
* Tamaties (gesny)
* Uie (gekap)
* Botter
* Rooirissiesous (na smaak)
* Sout, peper en knoffelsout (na smaak)

Metode:
* Week mopaniewurms in water tot sag.
* Braai uie in botter.
* Voeg res van bestanddele by en prut oor lae hitte tot sag.

Bedien met poetoepap en mampoer.
Vorige onderwerp: Mieliepap
Volgende onderwerp: Potjiekos resepte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:35:26 MGT 2024