Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Medisinale Dagga
Medisinale Dagga [boodskap #65546] Di, 20 Augustus 2002 07:19 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
medisinale middel voor te skryf.
Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
iets meer verwag het.
'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
Wat dink julle?
Annette
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65551 is 'n antwoord op boodskap #65546] Di, 20 Augustus 2002 10:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek voel so bietjie olik vanaand.

"Annette" skryf in boodskap news:ajsqi0$1cp54b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
> medisinale middel voor te skryf.
> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
> iets meer verwag het.
> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
> Wat dink julle?
> Annette
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65553 is 'n antwoord op boodskap #65551] Di, 20 Augustus 2002 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As jy nie pyn het nie, kan ek jou nie help nie;)
Annette

"Afro Ozzie" skryf in boodskap news:ajt693$299v$1@austar-news.austar.net.au...
> Ek voel so bietjie olik vanaand.
>
> "Annette" skryf in boodskap news:ajsqi0$1cp54b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
>> medisinale middel voor te skryf.
>> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
>> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
>> iets meer verwag het.
>> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
>> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
>> Wat dink julle?
>> Annette
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65559 is 'n antwoord op boodskap #65546] Di, 20 Augustus 2002 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Aug 2002 09:19:25 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
> medisinale middel voor te skryf.
> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
> iets meer verwag het.
> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
> Wat dink julle?
> Annette
>

hier kom `n fight...

ek het dit ook gekyk. persoonlik was ek `n gebruiker vir baie jare en
ek is vandag nog steeds so slim en mooi soos toe. ek het dit natuurlik
nie gebruik vir mediese redes nie. hoekom het ek op gehou? ek het ook
opgehou om gewone sigarette te rook. is dit gevaarlik? sekerlik maar
ek dink om ander redes as net dwelms. dit is soos sigarette `n
gewoonte vormde middel m.a.w. jy raak verslaaf aan die gewoonte eerder
as die dwelm. die prakteit om dit saam met mandrax te rook is meer
omdat dit makliker is as in te spuit en jy kan net sowel gewone twak
gebruik, dis net nie so cool nie. ek se legalize. ek dink dis maar
soos die meeste dinge in die lewe, dit sal verskillend werk vir almal
of vir sommige glad nie.

ps. sal ek my kinders dan toelaat om dit te gebruik? nee natuurlik nie
ek laat hulle ook nie toe om sigarette te rook nie.

>
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65562 is 'n antwoord op boodskap #65559] Di, 20 Augustus 2002 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships Mcduck wrote:
> hier kom `n fight...

Dis een van die hot potatoes in Kanada
op die oomblik. Die Hoërhof het onlangs
besluit dat mense die reg het om van
medisinale pot gebruik te maak. Die federale
regering is nou in die middel van die wêreld
oor wat om te doen. Die Kanadese dokters
agiteer teen die wettigmaking en so ook die
VSA, so mens sal maan moet sien wat gebeur.
Die minister van Gesondheid is op die oomblik
besig met stalling tactics.

Gloudina
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65566 is 'n antwoord op boodskap #65559] Di, 20 Augustus 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Tue, 20 Aug 2002 16:34:21 +0200, Threeships Mcduck posing as anton
somebody wrote:

> ek dink om ander redes as net dwelms. dit is soos sigarette `n
> gewoonte vormde middel m.a.w. jy raak verslaaf aan die gewoonte eerder
> as die dwelm.

Anton, hier gaan ons alweer. Nikotien IS 'n verslawende dwelm. Jy wil
dalk meer versigtig dink voordat jy sulke onwaarhede kwytraak soos
hierbo.

Johan Bornman
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65569 is 'n antwoord op boodskap #65562] Di, 20 Augustus 2002 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
In sekere counties in Nevada word dit toegelaat, en ek dink Oregon is
volgende. Ek stem saam, maak dit wettig, maar onwettig as jy bv. n
vliegtuig vlieg, of swaar masjiene moet bewerk, of enige plek waar dit n
gevaar kan wees vir ander.

pop

skryf in boodskap news:3D627E8C.7080207@rogers.com...
>
> Threeships Mcduck wrote:
>
>
>> hier kom `n fight...
>
> Dis een van die hot potatoes in Kanada
> op die oomblik. Die Hoërhof het onlangs
> besluit dat mense die reg het om van
> medisinale pot gebruik te maak. Die federale
> regering is nou in die middel van die wêreld
> oor wat om te doen. Die Kanadese dokters
> agiteer teen die wettigmaking en so ook die
> VSA, so mens sal maan moet sien wat gebeur.
> Die minister van Gesondheid is op die oomblik
> besig met stalling tactics.
>
> Gloudina
>
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65571 is 'n antwoord op boodskap #65569] Di, 20 Augustus 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En ek wou bygevoeg het dat ek nie pot gebruik nie, ook nie tabak nie, maar
as ander mense wil, is dit hulle saak.

pop

"pop" skryf in boodskap news:ajuisp$6sa$1@slb2.atl.mindspring.net...
> In sekere counties in Nevada word dit toegelaat, en ek dink Oregon is
> volgende. Ek stem saam, maak dit wettig, maar onwettig as jy bv. n
> vliegtuig vlieg, of swaar masjiene moet bewerk, of enige plek waar dit n
> gevaar kan wees vir ander.
>
> pop
>
> skryf in boodskap news:3D627E8C.7080207@rogers.com...
>>
>> Threeships Mcduck wrote:
>>
>>
>>> hier kom `n fight...
>>
>> Dis een van die hot potatoes in Kanada
>> op die oomblik. Die Hoërhof het onlangs
>> besluit dat mense die reg het om van
>> medisinale pot gebruik te maak. Die federale
>> regering is nou in die middel van die wêreld
>> oor wat om te doen. Die Kanadese dokters
>> agiteer teen die wettigmaking en so ook die
>> VSA, so mens sal maan moet sien wat gebeur.
>> Die minister van Gesondheid is op die oomblik
>> besig met stalling tactics.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65572 is 'n antwoord op boodskap #65569] Wo, 21 Augustus 2002 00:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

> In sekere counties in Nevada word dit toegelaat, en ek dink Oregon is
> volgende. Ek stem saam, maak dit wettig, maar onwettig as jy bv. n
> vliegtuig vlieg, of swaar masjiene moet bewerk, of enige plek waar dit n
> gevaar kan wees vir ander.

Ek het vandag na ons Minister van Gesondheid
geluister, en die koerante het haar bietjie
verkeerd aangehaal. Sy wys daarop dat enige
mens wat cannabis wil gebruik, alreeds in
Kanada kan aansoek doen om dit wettig te
gebruik. Die kwessie is glo op die oomblik
of die federale regering self medicinal
cannabis moet kweek en voorsien aan pasiënte,
so effens asof hulle medisyne voorberei.
Dis natuurlik altyd die probleem as jy iets
op die swartmark moet koop - of jy die regte
en natuurlike produk kry, en of die verkopers
jou met iets anders bedrieg.

Gloudina
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65577 is 'n antwoord op boodskap #65566] Wo, 21 Augustus 2002 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Aug 2002 19:40:07 GMT, Johan Bornman
(johanaticondotcodotza) served the following to the group:

> On Tue, 20 Aug 2002 16:34:21 +0200, Threeships Mcduck posing as anton
> somebody wrote:
>
>> ek dink om ander redes as net dwelms. dit is soos sigarette `n
>> gewoonte vormde middel m.a.w. jy raak verslaaf aan die gewoonte eerder
>> as die dwelm.
>
>
> Anton, hier gaan ons alweer. Nikotien IS 'n verslawende dwelm. Jy wil
> dalk meer versigtig dink voordat jy sulke onwaarhede kwytraak soos
> hierbo.
>
> Johan Bornman

ok johan kom ek spel dit uit.....
ek se nie dat nikotien nie verslawend is nie ek het gese dat dit soos
sigarette `n gewoonte [kan] word. lees sigarette as `n geheel sonder
om elke chemical te ontleed. jy weet daai ding dat jy nie weet wat om
met jou hande te doen as jy nie `n sigarette vashou nie. enige iemand
wat al opgehou rook het sal vertel dat die gewoonte, soos om direk na
ete te rook of terwyl jy `n bier drink ens, die moeilikste is om af te
skud. anyway dis nie regtig `n sigarette vs dagga bespreking nie so
dis nou maar my mening en jy is geregtig daarop.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65585 is 'n antwoord op boodskap #65546] Wo, 21 Augustus 2002 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dean Kruger  is tans af-lyn  Dean Kruger
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
Gaan kyk gerus na: http://www.dagga.co.za

Die eekhoring is my gunsteling...

"Annette" wrote in message
news:ajsqi0$1cp54b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
> medisinale middel voor te skryf.
> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
> iets meer verwag het.
> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
> Wat dink julle?
> Annette
>
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65587 is 'n antwoord op boodskap #65577] Wo, 21 Augustus 2002 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> Anton : ek dink om ander redes as net dwelms. dit is soos sigarette `n
>> gewoonte vormde middel m.a.w. jy raak verslaaf aan die gewoonte eerder
>> as die dwelm.

> Johan Bornman
> Anton, hier gaan ons alweer. Nikotien IS 'n verslawende dwelm.

Anton : ok johan kom ek spel dit uit.....
ek se nie dat nikotien nie verslawend is nie ek het gese dat dit soos
sigarette `n gewoonte [kan] word. lees sigarette as `n geheel sonder
om elke chemical te ontleed. jy weet daai ding dat jy nie weet wat om
met jou hande te doen as jy nie `n sigarette vashou nie. enige iemand
wat al opgehou rook het sal vertel dat die gewoonte, soos om direk na
ete te rook of terwyl jy `n bier drink ens, die moeilikste is om af te
skud. anyway dis nie regtig `n sigarette vs dagga bespreking nie so
dis nou maar my mening en jy is geregtig daarop.

Wouter
Ek verstaan wat jy sê, Anton. Maar Johan het 'n punt. Nikotien
is chemies verslawend, net soos alkohol in grootmaat. Dagga is nie,
dis net emosioneel verslawend, soos jy ook hier bo verduidelik.

Dit is een van net 'n paar dinge waaroor ek en Johan saamstem :-)
Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk [boodskap #65589 is 'n antwoord op boodskap #65572] Wo, 21 Augustus 2002 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie artikel het Koos reeds vroeg in 2001 op Litnret geskryf
Wouter

----------------------------------------------------------

Kaalkop die waarheid!
As TV-kyk onwettig was .
Koos A. Kombuis

'n Pleidooi Vir 'n Nuwe Benadering Tot Die Gebruik Of Misbruik Van Cannabis
Ná 'n afwesigheid van ses maande het ek besluit om my hertoetrede tot LitNet
te neem.

Ek is vas van plan dat my deelname aan LitNet nie weer sal ontaard in 'n
verslawing nie. Ek is seker dat ek dit onder beheer het. Ek sal nie weer
toelaat dat LitNet inmeng met my gewoontes om byvoorbeeld na gesonde
pornografie op die Internet te kyk nie. Ek sal my inname van Afrikaanse
skindernuus tot so 'n mate beperk dat dit nooit weer sal maak dat ek
writer's block kry met my ander skrywery nie.

Ek was verslaaf, maar ek dink ek is nou vry.
So waaroor sal hierdie eerste rubriek handel, noudat ek weer op die lug is?

Ek wil graag juis iets sê oor verslawing. 'n Ander soort verslawing Ek let
op dat party van die briewe van lesers deesdae hieroor handel, en daar is
opnuut artikels in Huisgenoot en mense wonder of dagga nou eindelik gewettig
gaan word en al sulke dinge. Aangesien ek, voor my verslawing aan LitNet ook
aan elke moontlike ander ding verslaaf was - dis algemene kennis - wil ek
graag ietsie hieroor sê. Veral oor dagga, die sogenaamde "gateway drug" (met
ander woorde, die ding wat jou geleidelik na ander drugs toe lei).

Hier is my nuwe teorie. Ek wil dit nie net rig aan die algemene publiek nie,
maar ook aan daggarokers self (komaan, ek weet die meeste van julle lees
LitNet!).

Dagga is, anders as sommige ander dwelmmiddels, nie fisies verslawend nie.
Met ander woorde, mens kry nie die ritteltits of horries as jy dit los nie.
Tog is dit 'n sterk gewoonte wat nogal moeilik is om af te skud. Dit het
baie met peer pressure te doen.

Ek wil die veronderstelling maak dat dit dalk so is dat, in die geval van
dagga, die peer pressure-faktor gevaarliker is as die dagga self.
Kom ons stel dit anders. Gestel TV-kyk was onwettig. Wat sou mense gedoen
het wat baie graag wil TV kyk? Hulle sou presies gedoen het wat daggarokers
vandag doen. Hulle sou op straathoeke gestaan het in klein groepies en op 'n
shifty manier oor hulle skouers gekyk het. Dan sou hulle een ná die ander
almal in 'n sekere woonstel verdwyn het vir ure lank, om laat in die nag
weer uit te strompel met oë wat op niks kan fokus nie.

En wie sou hierdie geheime TV-stelle aangehou het? Wie sou die geld
ingesamel het by die deur? Kriminele. Ouens wat in hulle vrye tyd dalk
smokkel met ander verbode kommoditeite.

Kort voor lank sou dominees en sielkundiges gemaan het: "TV-kyk kan lei na
heroïne."

(Natuurlik. Hulle word deur dieselfde merchant verkoop.)

Ek kan my al die bekentenisse in die populêre lektuur voorstel - byvoorbeeld
'n ou wat bieg: "Dit het begin met net 'n bietjie Baywatch saam met die
manne elke naweeksaand. Binnekort wou elke dag Egoli kyk. En toe ek weer
sien, is my regterhand vol eelte van die remote control. Ek het begin geld
steel net om 'n M-Net decoder te bekostig. Ek het begin belangstel in al hoe
meer kanale, soos die Cartoon Network, die Vyf Nasies-rugbytoernooi, en,
uiteindelik, Die Casper-Rasper-Show. Vandag is ek ook aan crack verslaaf."

Dink net aan al die vermorsde lewens, die boetes en vonnisse, die
skuldgevoelens, die verwyte, al die gebroke gesinne .

Beteken dit dat ek nou wil voorgee dat dagga-rook onskuldig is?

Wel, nee. Behalwe dat dit net so 'n mors van tyd is soos die meeste TV, kan
dagga 'n mens verskriklik opfok. Dagga is juis gevaarlik omdat mense dit
onderskat. Want die negatiewe effekte van dagga-rook wys mos nie dadelik
nie. Waar 'n harde dwelmgewoonte aan iets soos kokaïne of heroïne jou binne
'n kwessie van maande merkbaar laat agteruitgaan in jou persoonlike lewe en
gesondheid, rook baie mense jare lank gereeld dagga voor dit begin interfere
met hulle effektiewe bestaansmeganismes.

Oor die negatiewe effek van dagga self hoef ek seker nie te veel uit te wei
nie. Julle ou rokers weet hiervan, al ontken julle dit so heftig!

Laat ek dit so stel: Gestel jy is een van my teikengroep vir wie ek
spesifiek hierdie rubriek skryf. As jy is, rook jy al tien jaar of langer
dagga. Dit is vir jou 'n feitlik daaglikse ritueel.

Ek kan jou wed dat jy met die volgende probleme opgeskeep sit (hoewel jy dit
dalk nog nie as probleme sien nie):

Jy is deel van 'n kliek mense, 'n vriendekring wat mekaar gedurig beskinder
en beswadder. Jy het feitlik geen vriende - hoogstens kennisse - wat nie
rook nie.

Jou loopbaan het begin stagneer, en die planne wat jy maak, bly gewoonlik
net dit: planne.

Jy beweer jy is cosmically connected met die hele universe, maar jy is te
lui of te ongeorganiseerd om 'n vliegkaartjie iewers heen te koop. Jou
laaste trip Amsterdam toe was in plus-minus 1992 en jy praat nou nog daarvan
asof dit gister was. Jy was ook nog nooit in die Krugerwildtuin nie en as jy
was, kan jy dit glad nie onthou nie.

Jy het 'n slegte hoesie wat sommige winters oorslaan na 'n onaardse
geroggel.

As jy uitgenooi word na 'n sosiale geleentheid, probeer jy eers vooraf
uitvind of dit "deur rokers" gereël is of nie. As dit nie is nie, daag jy
nie op nie, al het jy belowe om te gaan.

Jy het nog nooit van Boeta Wessels gehoor nie.

Jy het 'n string mislukte verhoudings agter die rug. Die mense wat jou gelos
het, kla almal oor jou gebrek aan verantwoordelikheidsin, jou luiheid, en
jou selfbeheptheid. Jy dink dit is die ongelooflikste toeval dat almal
dieselfde klagte het. Hoekom kan hulle nie net chill nie?

So kan 'n mens voortgaan. Ja, dagga fok 'n mens op, veral as jy dit op 'n
daaglikse basis gebruik, en ook veral as jy lid is van 'n geslote
vriendekring.

Ek het natuurlik al mense geken wat dagga net by spesiale geleenthede
gebruik: 'n sekere bejaarde sosiologie-dosent by Fort Hare en sy vrou;
enkele computer analysts in die suburbs; een van my werktuigkundiges. Sulke
mense is dun gesaai. Hulle het gewoonlik nie posters van Bob Marley teen
hulle mure nie. Hulle besit CD-versamelings wat nie net reggae insluit nie.
Hulle het ook ander belangstellings. Vir hulle is dagga soos 'n sopie
brandewyn op 'n Sondagaand, of 'n rit met 'n windsurfer in Desember.

Ek beny hierdie mense tot 'n mate. Omdat ek aan die ander groep behoort
het - die groep wat dagga misbruik het eerder as gebruik het - sal ek dalk
nooit weer 'n geleentheidsroker word nie. Die swakheid was te sterk in my.

As ek dus nou wil sê: "Maak dagga wettig!" is ek soos 'n alkoholis wat
protesteer teen die Prohibition. As ek wil hê dat dagga gewettig moet word,
is dit nie omdat ek dit self weer wil gebruik nie, want ek sal waarskynlik
nie. Ek het dit juis teen die soort situasie wat van my 'n misbruiker

daarvan gemaak het. Ek het dit teen die obsessiewe en rebelse rook van Jah
se kastige onkruid. Ek het dit teen die hele "us-and-them"-mentaliteit, die
beterweterigheid, die eindelose sirkel-argumente en die doodgewone fokken
slapgatgeit van deesdae se gewoonterokers.

Maar as ons dagga finaal wettig maak, is die eerste linie ons s'n. Dit is in
elk geval so 'n algemene gewoonte dat ons dit nie meer kan keer nie. Wat ons
moet probeer keer, is dat daggarook te trendy word. Ons moet die kriminele
assosiasies wegneem. Ons moet sonder enige vooroordele of demonisering
objektief en krities na hierdie ding kyk.

Is daar voordele? O ja. Die matige gebruik van dagga doen absoluut niks aan
'n mens nie. Ek onthou dat selfs die smaak lekker was. Destyds in Amsterdam
het ek die ontdekking gemaak dat die dagga van verskillende lande die geure
en gewaarwordinge saamdra van die kultuur waaruit dit kom. Hollandse "skunk"
was swaar, ryk en vulgêr soos die Hollandse kultuur. Oosterse Thai was die
ene tjieng en tjong, soos klokkies in 'n rietbos. En ons eie Durban Poison?

Sterk soos kerrie . Soos goeie wyne dra elke daggablaar sy herkoms in hom
rond. Tog jammer dat die ouens wat net rook om hoog te word, mettertyd nie
eers meer hierdie subtiele verskille kan geniet nie!

Beteken dit dat ons moet toelaat dat daar, soos in Amsterdam, op elke hoek
en draai in Suid-Afrika 'n sogenaamde coffeeshop moet verrys? Nee, ek hoop
nie so nie. Mense sal moet betaal vir sulke lisensies. Ons laat nie meer as
een casino per dorp toe nie; sal ons dan toelaat dat die daggakultuur
oorvat? Juis nie. Sou ons die dame Mary Jane by ons voordeur innooi, sou sy
beskeie moet wees, sou sy haar plek moet ken. Vele gaste sal op haar verlief
raak, ja, en soos daar ook vele harte gebreek is deur die Heer Klipdrift,
Neef Tassenberg en al die Oude Meesters van die Establishment, sal hierdie
vrou altyd haar slagoffers hê.

Maar nooit weer sal dit dan kan gesê word dat dagga vir enigiemand die deur
oopgemaak het na 'n erger verslawing nie. (Niemand sê dit huidiglik van
drank of dobbel nie!) Persoonlike verantwoordelikheid is immers een van die
hoekstene van ons samelewing.

Elke mens het die reg om sy eie sondes te kies. Hoewel my dagga-stadium
verby is - ek het verlede week negatief getoets in 'n urine-toets wat Sanlam
my laat doen het! - wens ek julle wat wil rook, 'n gesonde, nie-obsessiewe
verhouding met die dame Mary Jane toe. Wat my betref: van nou af kies ek
koffie, rooiwyn, en - in baie klein dosisse - LitNet.
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65594 is 'n antwoord op boodskap #65546] Wo, 21 Augustus 2002 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
> medisinale middel voor te skryf.
> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
> iets meer verwag het.
> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.
> Wat dink julle?
> Annette

Hi,

Hier is 'n interesante webwerf waar dagga gebruik redelik goed
bespreek word - dit is te vinde onder:

http://www.newscientist.com/hottopics/marijuana/
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65595 is 'n antwoord op boodskap #65546] Wo, 21 Augustus 2002 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette schreef in berichtnieuws
ajsqi0$1cp54b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gisteraand se program op Mnet het gegaan oor die moontlikheid om dagga as
> medisinale middel voor te skryf.
> Een persoon het beweer hy is bevry van pyn en die drie MS lyers het gemengde
> gevoelens gehad ivm die behandeling.- van absoluut fantasies tot dat hulle
> iets meer verwag het.
> 'n Professor van Oxford is egter daarteen omdat sy beweer die invloed van
> herhaalde gebruik op die brein word nie bestudeer nie.

Dagga is al meer als 40 jaar in gebruik en bij lang gebruikers is geen
hersenbeschadiging waargenomen
Voor MS is het een medicijn ... de patiënt heeft minder spierspanning en
minder pijn.. hier in Nederland wordt het in tabletvorm voorgeschreven..

Dagga is minder schadelijk ( hoogstens ben je wat relaxer ) dan alcohol en
roken.. dat beïnvloed namelijk het gedrag van mensen op een slechte manier..

Dagga kan je minder laten presteren op het moment dat je het gebruikt omdat
je wat rustiger bent en dus kan
bij veelvuldig gebruik je prestaties op scholen en werk verminderen dus het
is zeker niet goed het altijd te gebruiken
maar af en toe in plaats van een glaasje wijn in een weekend kan het geen
kwaad.

Het gevaar is als Dagga door dealers wordt verkocht dan kan het onzuiver
zijn of er kan harddrugs in gemengd worden.
daarom heeft men in NL koffieshops ( café waar meestal alleen gebruikers
gaan ) toegestaan waar je alleen dagga kan gebruiken .. of kopen
hoogstens 5 gram)
dus is de markt van hard en softdrugs scheiden.
Harddrugs verkopen is ook in NL strafbaar.

Het gebruik onder Nederlanders neemt zelfs af maar er komen drommen
toeristen die naar de koffieshops in Amsterdam komen omdat het bij hun nog
verboden is een ze weten dat deze dagga in NL van goede kwaliteit en zuiver
is
althans die in de koffieshops wordt verkocht.

Ik gebruik niks .. ik rook niet drink afentoe bij eten of in gezelschap....

grt emmy
Re: Medisinale Dagga [boodskap #65597 is 'n antwoord op boodskap #65577] Wo, 21 Augustus 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 21 Aug 2002 08:50:02 +0200, Threeships Mcduck wrote:

Anton, jy's nou besig om ageruit te trap vir die vale. Daar is net een
manier om jou oorspronklike stelling te interpreteer en dis dat
nikotien nie verslawend is nie. Al wat jy hoef te doen is om se sê jy
was/is verkeerd en ons skuif aan.

Johan Bornman
************************************************************ ****************
'n Rookseksie in 'n restaurant is soos 'n pisseksie in 'n swembad
************************************************************ ****************

> On Tue, 20 Aug 2002 19:40:07 GMT, Johan Bornman
> (johanaticondotcodotza) served the following to the group:
>
>> On Tue, 20 Aug 2002 16:34:21 +0200, Threeships Mcduck posing as anton
>> somebody wrote:

>>> ek dink om ander redes as net dwelms. dit is soos sigarette `n
>>> gewoonte vormde middel m.a.w. jy raak verslaaf aan die gewoonte eerder
>>> as die dwelm.


>> Anton, hier gaan ons alweer. Nikotien IS 'n verslawende dwelm. Jy wil
>> dalk meer versigtig dink voordat jy sulke onwaarhede kwytraak soos
>> hierbo.

>> Johan Bornman
>
> ok johan kom ek spel dit uit.....
> ek se nie dat nikotien nie verslawend is nie ek het gese dat dit soos
> sigarette `n gewoonte [kan] word. lees sigarette as `n geheel sonder
> om elke chemical te ontleed. jy weet daai ding dat jy nie weet wat om
> met jou hande te doen as jy nie `n sigarette vashou nie. enige iemand
> wat al opgehou rook het sal vertel dat die gewoonte, soos om direk na
> ete te rook of terwyl jy `n bier drink ens, die moeilikste is om af te
> skud. anyway dis nie regtig `n sigarette vs dagga bespreking nie so
> dis nou maar my mening en jy is geregtig daarop.
>
>
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk [boodskap #65598 is 'n antwoord op boodskap #65589] Wo, 21 Augustus 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 21 Aug 2002 14:16:44 +0200, "Wouter Sadie"
wrote:

Goeie perspektief. Ek kan veral sy punt sien van die daggakliek se
ons-en-hulle houding en hulle slapgatheid. Ek het dit ook al aanvaar.
Eintlik, as ek daaroor dink, stem ek met elke woord saam.

Maar wiedehel is Boeta Wessels?

Johan Bornman

>
Re: Koos Kombuis oor Dagga en TV-kyk [boodskap #65599 is 'n antwoord op boodskap #65598] Wo, 21 Augustus 2002 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan Boreman
Maar wiedehel is Boeta Wessels?

Wouter
Agterspeler vir die Bulle, vroeër Griekwas. In rugby.
'n Huishoudelike naam, was toe een van dié met die meeste punte
agter sy naam in die Super 12 kompetisie.
Re: Medisinale Dagga [boodskap #120181 is 'n antwoord op boodskap #65546] Vr, 09 Mei 2014 17:44 Na vorige boodskap
elma...  is tans af-lyn  elma...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2014
Karma: 0
Junior Lid
Ek sal dit ENIGE TYD probeer want my pyn maak my waansinnig!!! Ek het reeds 'n spinal cord pain stimulator in maar ek kan wragtig nie cope met die pyn nie!!! Wil nie en kan nie meer nie ...
Vorige onderwerp: Kopluise
Volgende onderwerp: Terug na Ou Medisyne?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:51:24 MGT 2024